Liewe Kittie
My eie aangeleenthede is op die agtergrond gedwing en wel deur  n inbraak. Ek begin jou verveel met my inbrake, maar wat kan ek daaraan doen dat die inbrekers soveel plesier daar-aan het om Gies & Kie. met n besoek te vereer? Hierdie in-braak is veel ingewikkelder as die een van Julie 1943.
Toe meneer Van Daan gisteraand soos gewoonlik om half-agt na Kugler se kantoor gegaan het, het hy gesien dat die glas-tussendeur en die kantoordeur oopstaan. Dit het hom verbaas. Hy het deurgeloop en sy verbasing het toegeneem toe hy merk dat die deure van die kabinet eweneens oop was en in die voor-kantoor vreeslike chaos geheers het. Hier was n dief, was die gedagte wat deur sy kop geflits het. Om dadelik sekerheid om-trent die geval te kry, het hy die trap afgeloop en aan die voor-deur getrek en aan die slot gevoel. Alles was toe. Dan was so-wel Bep as Peter vanaand besonder slordig, veronderstel Me-neer toe. Hy het n rukkie in Kugler se kantoor bly sit, die lamp afgeskakel en hom nie veel oor die oop deure of die slor-dige voorkantoor bekommer nie.
Vanoggend het Peter al vroeg aan ons kamerdeur geklop en met die minder aangename stukkie nuus vorendag gekom dat die voordeur oopstaan en dat Kugler se nuwe projektor en aktetas uit die muurkas verdwyn het. Peter het opdrag gekry om die deur te sluit. Van Daan het van sy ondervindinge van die vorige aand vertel en ons was baie ongerus.
Die hele geval kan nie anders uitgel word nie as dat die dief n duplikaatsleutel van die deur moet h, want daar is glad
nie ingebreek nie. Hy moes al vroeg die aand hier binnegesluip het, die deur agter hom gesluit het, is deur Van Daan verras en het weggekruip totdat hy weggegaan het en het toe met sy buit gevlug en in sy haas die deur laat oopstaan.
Wie kan ons sleutel h? Waarom het die dief nie na die pak-kamer gegaan nie? Sou een van ons eie pakhuismanne die da-der wees en sal hy ons nou gaan verraai, omdat hy Van Daan gehoor en miskien selfs gesien het?
Dit is baie grieselrig, omdat ons nie weet of die bepaalde inbreker dit in sy kop sal kry om n keer ons deur oop te maak nie, of sou hy self geskrik het vir die man wat hier rondloop?
Anne
Ns. As jy n goeie speurder vir ons kan uitsnuffel, sal dit baie gaaf wees. Eerste vereiste is natuurlik betroubaarheid insake onderduik.
Donderdag, 2 Maart 1944
