Liefste Kittie
Eindelik, eindelik kan ek rustig by my tafeltjie voor n spleet in die kosyn van die venster sit en aan jou alles, alles skryf.
Ek voel ellendiger as wat in maande die geval was; selfs nie na die inbraak het ek van buite en binne so stukkend gevoel nie. Aan die een kant Van Hoeven, die Jodekwessie wat in die hele huis uitvoerig bespreek word, die Geallieerde inval wat uitbly, die slegte kos, die spanning, die miserabele stemming, die teleurstelling in Peter, en aan die ander kant Bep se verlo-wing, Pinkstervieringe, blomme, Kugler se verjaarsdag, koeke en verhale van kabarette, films en konserte. Die verskil, die groot verskil is altyd daar: Die een dag lag ons oor die koddig-heid van die onderduiksituasie, maar die volgende dag en nog veel meer dae is ons bang, is angs, spanning en wanhoop op ons gesigte te lees.
Miep en Kugler dra die swaarste aan die las van ons onder-duikers; Miep in alles wat sy doen, Kugler in die kolossale ver-antwoordelikheid vir ons agt, sodat hy soms byna nie meer kan praat van ingehoue senuwees en opwinding nie. Kleiman en Bep sorg ook goed vir ons, selfs baie goed, maar hulle kan soms van die Agterhuis vergeet, al is dit maar vir n paar uurtjies of vir n dag of twee. Hulle het hulle eie kwellinge; Kleiman oor sy gesondheid, Bep oor haar verlowing wat nie so rooskleurig daar uitsien nie en naas di kwellinge het hulle ook hul uitstap-pies, hul kuiers, hul hele lewe van gewone mense. Vir hulle wyk die spanning soms, al is dit maar vir n kort tydjie; vir ons wyk dit nooit, twee jaar lank al nie, en hoe lank sal dit nog soos n swaar, steeds knellender hand op ons druk?
Die riolering is verstop; daar mag geen water in afloop nie, of slegs drupsgewys. Ons mag nie na die toilet gaan sonder om n borsel saam te neem nie. Die vuil water hou ons in n groot Keulse pot. Vandag kan ons dit wel beredder, maar wat as die loodgieter dit nie self kan herstel nie? Die stadsreinigingsdiens kom nie voor Dinsdag nie.
Miep het vir ons vir Pinkster n korentekoek in die vorm van n pop gestuur met as boodskap: Vrolike Pinkster*. Dit is amper asof sy spot; ons stemming en ons angs is werklik nie vrolik nie. Ons het almal banger geword as gevolg van wat met Van Hoeven gebeur het. Jy hoor weer van alle kante sjuut; alles gebeur sagter. Die polisie het die deur by hom oopge-dwing; daarteen is ons dus ook nie veilig nie! As ook ons nog  nee, ek mag dit nie neerskryf nie, maar die vraag laat hom vandag nie wegstoot nie, inteendeel, al die angs wat ons vroer deurgemaak het, staan weer voor my in al sy verskrikking.
Ek moes vanaand om agtuur alleen na die onderste toilet gaan; niemand was daar nie, want almal het rondom die radio gesit; ek wou moedig wees, maar dit was moeilik. Ek voel hier bo nog altyd veiliger as alleen in die groot, stil huis. Alleen met die geheimsinnige gedempte geluide van bo af en die getoeter op straat, begin ek, as ek oor die situasie nadink en nie gou maak nie, te bewe.
Miep is veel aangenamer en hartliker teenoor ons na haar gesprek met Vader. Maar dit het ek jou nog nie vertel nie. Miep het op n middag met n bloedrooi gesig na Vader toe gekom en hom op die man af gevra of hy dink dat sy ook met die anti-Semitisme besmet is. Vader het geweldig geskrik en dit uit haar kop gepraat, maar iets van Miep se vermoede het bly steek. Hulle doen meer inkopies vir ons, is meer genteresseerd in ons narighede, hoewel ons hulle sekerlik nie daarmee lastig mag val nie. O, hulle is sulke wesenlik goeie mense!
Ek vra my steeds weer af of dit nie vir ons almal beter sou gewees het as ons nie ondergeduik het nie, as ons dood sou wees en di ellende nie sou meemaak nie en veral ons helpers dit bespaar het. Maar ook daarvoor deins ons terug. Ons het die lewe nog lief, ons het die stem van die natuur nog nie ver-geet nie. Ons hoop nog, ons hoop nog op alles.
Dit is n Christelike feesdag, gedagtig aan die uitstorting van die Heilige Gees, maar word kennelik ook as sekulre vakansiedag gevier. Vandaar dat Miep haar Joodse vriende met n koek kon trakteer. 
Laat daar nou gou iets gebeur, laat daar desnoods geskiet word; dit kan ons nie mr vermorsel as hierdie onrus nie. Laat die einde kom, al is dit hoe swaar, dan weet ons ten min-ste of ons uiteindelik sal oorwin of ondergaan.
Anne M. Frank
Woensdag, 31 Mei 1944
