Liewe Kittie
Bep is verloof! Die feit op sigself is nie verbasingwekkend nie, hoewel nie een van ons baie verheug is daaroor nie. Bertus mag wel n soliede, aangename en sportiewe jongman wees, maar Bep het hom nie lief nie en dit is vir my genoeg rede om haar af te raai om met hom te trou.
Bep se hele strewe is om uit te styg en Bertus trek haar on-dertoe; hy is n werksman sonder belangstellings en sonder die drang om vooruit te kom en ek dink nie Bep sal daarmee ge-lukkig wees nie. Dit is wel begryplik dat Bep n einde wil maak aan die gesukkel; vier weke gelede het sy hom nog afges, maar sy het toe nog ongelukkiger gevoel en weer aan hom geskryf en nou het hulle verloof geraak.
n Hele klomp faktore speel by hierdie verlowing n rol. Ten eerste die siek vader wat baie van Bertus hou, ten tweede die feit dat sy die oudste van al die Voskuijl-meisies is en dat haar moeder haar oor haar manloosheid treiter, ten derde dat sy pas vier-en-twintig geword het, iets wat vir haar baie saak maak.
Moeder s sy dink dit sou beter gewees het as Bep net n liefdesverhouding met Bertus gehad het. Ek kan dit nie s nie; ek het meegevoel met Bep en begryp dat sy baie eensaam voel. Hulle kan in elk geval eers na die oorlog trou, omdat Bertus klandestien in Nederland is en hulle geen sent en geen bruid-skat het nie. Wat n mistroostige vooruitsig vir Bep vir wie ons almal net die beste toewens. Ek hoop maar dat Bertus onder haar invloed verander of dat Bep nog n gawe man sal vind wat haar waardeer!
Anne M. Frank
Dieselfde dag
Elke dag iets anders. Vanoggend is Van Hoeven gevange ge-neem; hy het twee Jode gehuisves. Dis n swaar slag vir ons; nie slegs omdat die Jode weer op die rand van die afgrond staan nie, maar omdat dit vir Van Hoeven vreeslik is.
Die wreld is hier onderstebo. Die mees fatsoenlike mense word weggestuur na konsentrasiekampe, gevangenisse en een-same selle en die uitskot regeer oor oud en jonk, ryk en arm. Die een word gevang as gevolg van die swartmarkhandel, die ander as gevolg van hulp aan Jode of ander onderduikers. Nie-mand wat nie by die NSB is, weet wat mre gaan gebeur nie.
Ook vir ons is Van Hoeven n baie swaar gemis. Bep kan nie die porsies aartappels saamsleep nie; al wat daaraan gedoen kan word, is om minder te eet. Hoe ons dit gaan doen, sal ek jou wel nog meedeel, maar aangenamer word dit ongetwyfeld nie. Moeder s dat ons glad nie meer ontbyt gaan eet nie, smiddags pap en brood, saans gebakte aartappels en moontlik een of twee keer per week groente of slaai. Meer kry ons nie. Dit sal hongerly beteken, maar niks is so erg as om ontdek te word nie.
Anne M. Frank
Vrydag, 26 Mei 1944
