Liewe Kittie
Toe ek gisteraand van bo af kom, het ek dadelik toe ek by die kamer inkom, gesien dat die mooi vaas met angeliere op die grond l, dat Moeder op haar knie aan die opdroog was en Margot besig om my papiere op te vis. Wat het hier gebeur? het ek met angstige voorgevoelens gevra en sonder om op hulle antwoord te wag, het ek die skade van n afstand af be-kyk. My stamboomler, my aantekeningboeke, my boeke, alles was sopnat. Ek was na aan trane en so ontsteld dat ek Duits begin praat het. Ek kan nie my woorde onthou nie, maar Margot s dat ek iets uitgekraam het van unbersehbarer Schade, schrecklich, entsetzlich, nie zu ergnzen* en so meer. Vader het geskaterlag, Moeder en Margot het ingeval, maar ek kon gerus huil oor al die verlore werk en die goed uitgewerk-te aantekeninge. By nadere ondersoek het geblyk dat die un-bersehbarer Schade gelukkig nie so groot was nie. Op die solder het ek die papiertjies wat aan mekaar gekleef het, sorg-vuldig losgemaak. Daarna het ek hulle langs mekaar aan die wasgoedlyn gehang om droog te word. Dit was n snaakse gesig en ek moes toe tog maar weer lag. Maria de Medici langs Karel die Vyfde, Willem van Oranje en Marie Antoinette.
Dit is Rassenschande, het meneer Van Daan geterg. Nadat ek die versorging van my papiere aan Peter toever-
trou het, is ek weer ondertoe.
Watter boeke is beskadig? het ek aan Margot gevra, wat besig was om my boekeskat te ondersoek.
Algebra, het Margot geantwoord.
Maar jammer genoeg was die algebraboek nie heeltemal vernietig nie; ek het nog nooit aan een enkele boek so n hekel gehad as aan daardie algebraboek nie. Voor in staan minstens
* Onberekenbare skade, verskriklik, afskuwelik, nooit te vervang nie.  Rasseskande
twintig name van meisies wat dit voor my gehad het, dis oud, geel, volgekrabbel, doodgetrek en verbeter. As ek weer n slag baldadig is, skeur ek di ellendige ding nog aan stukke!
Anne M. Frank
Maandag, 22 Mei 1944
