Liewe Kittie
Alles word hoe langer, hoe gekker. Sedert gister kyk Peter my nie aan nie. Dit lyk presies asof hy vir my kwaad is. Ek doen dan nou ook my uiterste bes om nie agter hom aan te loop nie
en so min as moontlik met hom te praat, maar dit is baie moei-lik! Wat sou dit tog wees wat hom dikwels van my weghou en hom dikwels na my toe stuur? Miskien verbeel ek my net dat dit erger is as wat dit in werklikheid is; miskien het hy ook buie, miskien is alles mre weer goed!
Die moeilikste van alles is om my gewone uiterlike te behou as ek so ellendig en verdrietig is. Ek moet praat, help, saam sit en veral vrolik wees! Die meeste van alles mis ek die natuur en n plekkie waar ek alleen kan wees so lank as wat ek wil! Ek dink dat ek alles deurmekaar maak, Kittie, maar ek is ook heel-temal in die war: Aan die een kant is ek gek van verlange na hom, kan ek byna nie in die kamer wees sonder om na hom te kyk nie, en aan die ander kant vra ek my af waarom hy soveel vir my beteken, waarom ek nie weer rustig kan word nie!
Ek doen dag en nag as ek wakker is, niks anders nie as om myself af te vra: Het jy hom nie genoeg met rus gelaat nie? Is jy te veel bo? Praat jy te veel oor ernstige dinge waaroor hy nog nie kan praat nie? Miskien hou hy glad nie van jou nie. Miskien was die hele ophef net verbeelding. Maar waarom het hy jou dan soveel oor homself vertel? Is hy miskien spyt daaroor? En nog n hele boel ander vrae.
Gistermiddag was ek na n rits droewige nuusbrokkies van buite so uitgeput dat ek op my divan gaan l het om te slaap. Ek wou niks anders doen nie as om te slaap sodat ek nie kan dink nie. Ek het tot vieruur geslaap en toe moes ek binnetoe gaan. Dit was vir my baie swaar om Moeder op al haar vrae te antwoord en om vir Vader n rede te versin waardeur ek my slaap kon verduidelik. My voorwendsel was hoofpyn, wat nie n leuen was nie, omdat ek hoofpyn gehad het  van binne!
Gewone mense, gewone meisies, bakvissies soos ek, sal dink ek is getik met my selfbejammering, maar nou ja, dit is juis die ding: Ek vertel vir jou alles wat op my hart l en is die vol-gende dag so astrant, vrolik en vol selfvertroue as wat maar moontlik is, om sodoende alle vrae te vermy en my nie inner-lik vir myself te vererg nie.
Margot is baie dierbaar en sou graag my vertroueling wou wees, maar ek kan haar tog nie alles vertel nie. Sy neem my ernstig, veels te ernstig op en dink lank oor haar lawwe sussie na, kyk my met alles wat ek doen ondersoekend aan en vra haarself af: Is dit nou toneelspeel of is dit waar? Dit is omdat ons altyd saam is en ek my vertroueling nie altyd om my heen wil h nie.
Wanneer kom ek weer uit die warboel van gedagtes, wan-neer sal daar weer rus en vrede in my wees?
Anne
Dinsdag, 14 Maart 1944
