Liefste Kittie
Ter afwisseling (omdat ons so lank nie daaroor gepraat het nie) wil ek vir jou van n klein diskussietjie vertel wat Meneer en Mevrou gister gehad het:
Mevrou: Die Duitsers sou intussen die Atlantic Wall baie sterk gemaak het; hulle sal seker alles in hulle vermo doen om die Engelse te te hou. Dit is tog verbasend hoe enorm baie krag die Duitsers het!
Meneer: O ja, ontsettend! Mevrou: Jaaa!
Meneer: Die Duitsers sal seker die oorlog nog wen, so sterk is hulle.
Mevrou: Dit is moontlik; ek is nog nie van die teendeel oor-tuig nie.
Meneer: Ek sal maar nie antwoord nie.
Mevrou: Jy antwoord my tog altyd weer; jy laat jou tog altyd weer insleep.
Meneer: Nee, my antwoorde beperk ek tot die minimum. Mevrou: Maar jy antwoord tog en jy moet ook altyd reg wees! Jou voorspellings kom altyd uit!
Meneer: Tot nog toe het my voorspellings uitgekom. Mevrou: Dit is nie waar nie. Die Geallieerde inval sou al ver-lede jaar plaasgevind het, die Finne sou al vrede gehad het, met Itali sou dit al in die winter verby gewees het, die Russe sou Lemberg al gehad het, o nee, vir jou voorspellings gee ek nie veel om nie.
Meneer (staan op): En hou nou eindelik jou groot mond. Ek sal nog vir jou bewys dat ek reg is; jy sal n keer genoeg daar-van kry. Di gekanker kan ek nie meer aanhoor nie; ek sal jou neus nog in jou getreiter druk! (Einde van die eerste bedryf.)
Ek moes eintlik vreeslik lag, Moeder ook en Peter het op sy tande gesit en byt. O, die dom volwassenes, laat hulle self maar liewer begin leer voordat hulle so baie oor die kinders te s het!
Sedert Vrydag is ons vensters snags weer oop. Anne M. Frank
Waarin die Agterhuis-familie belang stel:
Meneer Van Daan: leer niks, slaan baie na in Knaur, lees graag speurverhale, mediese boeke en onbelangrike liefdesverhale.
Mevrou Van Daan: leer Engels uit skriftelike kursusse, lees graag biografiese romans.
Meneer Frank: leer Engels (Dickens!), verder n bietjie Latyn; lees geen romans nie, maar ernstige en dro beskrywinge van persone en lande.
Mevrou Frank: leer Engels uit skriftelike kursusse, lees alles, be-halwe speurverhale.
Meneer Dussel: leer Engels, Spaans en Nederlands sonder merkbare resultaat.
Peter van Daan: leer Engels, Frans (skriftelik), Nederlandse snelskrif, Engelse snelskrif, Duitse snelskrif, Engelse handels-korrespondensie, houtbewerking, staatsekonomie en soms re-kenkunde; lees weinig, soms aardrykskunde.
Margot Frank: leer Engels, Frans, Latyn volgens skriftelike kursusse, Engelse snelskrif, Duitse snelskrif, Nederlandse snel-skrif, meganika, meetkunde, natuurkunde, skeikunde, algebra, Engelse literatuur, Franse literatuur, Duitse literatuur, Neder-landse literatuur, boekhou, aardrykskunde, moderne geskiede-nis, biologie, ekonomie; lees alles, die graagste oor godsdiens en medisyne.
Anne Frank : leer Frans, Engels, Duits, Nederlandse snelskrif, meetkunde, algebra, geskiedenis, aardrykskunde, kunsgeskie-denis, mitologie, biologie, Bybelse geskiedenis, Nederlandse literatuur; lees baie graag biografie  droog of spannend  ge-skiedenisboeke (soms romans en ontspanningsliteratuur).
Vrydag, 19 Mei 1944
