Liefste Kittie
Gister het Vader verjaar, Vader en Moeder was negentien jaar getroud, dit was n dag waarop die poetsvrou nie gekom het nie en die son het geskyn soos wat dit in 1944 nog nie geskyn
het nie. Ons kastaiingboom staan van bo tot onder in volle bloei; hy is vol blare en veel mooier as verlede jaar.
Vader het van Kleiman n biografie oor die lewe van Lin-naeus gekry, van Kugler ook n natuurboek, van Dussel Amster-dam te water, van die Van Daans n reuse kartondoos, opge-maak asof deur die beste dekorateur, met daarin drie eiers, n bottel bier, n flessie jogurt en n groen das. Ons pot stroop het n bietjie daarteen afgesteek. My bos rose het in teenstelling met Miep en Bep se rooi angeliere heerlik geruik. Hy is tog be-derf. Van Siemons af het vyftig tertjies gekom; heerlik! Vader het ons verder nog op kruiekoek getrakteer en die here verder op bier en die dames op jogurt. Alles het byval gevind!
Anne M. Frank
Dinsdag, 16 Mei 1944
