Liewe Kittie
Aangesien ek my hele rommeldoos en dus ook my vulpen bo vergeet het en ek hulle in hulle middagdutjie (tot halfdrie) nie kan steur nie, moet jy maar genoe neem met n potloodbrief. Ek is op die oomblik vreeslik besig en hoe snaaks dit ook al klink, ek het min tyd om deur my berg werk te kom.
Sal ek jou gou kortliks vertel wat ek moet doen? Nou goed dan, tot mre moet ek die lewensgeskiedenis van Galileo Gali-lei klaar lees, omdat die boek na die biblioteek toe moet terug-gaan. Ek het gister daarmee begin en is nou op bladsy 220 en die boek is 320 bladsye dik, dus sal ek dit wel klaar gelees kry. Volgende week moet ek Palestina op de tweesprong en die tweede deel van Galilei lees. Verder het ek gister die biografie
Dit is kennelik Anne se ligspottende benaming vir ds. J. van Dorp. Die Kritiese Edisie (2000) p. 685 verwys na n toespraak van koningin Wilhel-mina van 9 Mei 1944 oor Radio Oranje, wat op Donderdag, 11 Mei, her-haal is. Haar toespraak van 10 Mei is dieselfde aand herhaal. Ook het minis-ter-president Gerbrandy en ds. J. van Dorp op 10 Mei n toespraak gehou. 
van Karel V klaar gelees en dit is noodsaaklik dat ek die baie aantekeninge en stambome wat ek daaruit gemaak het, moet uitwerk. Verder het ek drie bladsye vol vreemde woorde uit die verskillende boeke aangeteken, wat almal opges, opgeskryf en geleer moet word. No. 4 is dat al my filmsterre in vreeslike wanorde deurmekaar l en na opruiming smag; omdat so n opruiming verskeie dae in beslag neem en professor Anne op die oomblik, soos ges is, in die werk stik, word die chaos tog maar gelaat vir wat dit is. Dan wag Teseus, Oedipus, Peleus, Orfeus, Jason en Herakles ook om georden te word, omdat verskeie van hul dade soos bont drade in n rok deurmekaar in my kop l, en ook Muron en Phidias moet dringende aandag kry as hulle nie heeltemal uit hul samehang wil losraak nie. Net so gaan dit met die Sewe- en Negejarige Oorlog; ek verwar op di manier alles met mekaar. Nou ja, wat moet n mens met so n geheue doen! Dink net hoe vergeetagtig ek op tagtig sal wees!
O, nog iets, die Bybel! Hoe lank sal dit nog duur voordat ek Susanna in die bad en die glurende ouderlinge ontmoet? En wat word bedoel met die sonde van Sodom en Gomorra? O, daar is nog soveel om te vra en te leer. En Liselotte von der Pfalz het ek intussen heeltemal in die steek gelaat.
Kittie, sien jy dat ek oorloop?
Nou oor iets anders: jy weet al lankal dat my grootste be-geerte is om joernaliste en later n groot skryfster te word. Of ek hierdie grootheidsneiginge (of -waansin) waar sal kan laat word, is die vraag, maar onderwerpe het ek tot nog toe wel. Na die oorlog wil ek in elk geval n boek getiteld Het Achter-huis uitgee, of ek dit sal regkry, is die vraag, maar my dagboek sal daarvoor kan dien. Cadys leven moet ek ook klaar skryf; ek het my die verdere verloop van die verhaal so voorgestel: dat Cady na haar genesing in die sanatorium weer huis toe gaan en met Hans bly korrespondeer. Dit is in 1941. Sy kom reeds gou tot die ontdekking dat Hans na die kant van die NSB-ers oor-hel en omdat Cady baie begaan is oor die lot van die Jode en
van haar vriendin Marianne, kom daar verwydering tussen hulle. Dit lei tot n breuk n n ontmoeting waartydens hulle alles tussen hulle weer reggemaak het, maar waarna Hans n ander meisie ontmoet het. Cady is gebroke, maar omdat sy tog n goeie werk wil h, besluit sy om verpleegster te word. Nadat sy haar daarvoor bekwaam het, aanvaar sy op die aandrang van vriende van haar vader n betrekking in n sanatorium in Swit-serland. Vir haar eerste vakansie gaan sy na die Como-meer waar sy Hans toevallig raakloop. Hy vertel haar dat hy twee jaar vantevore met haar opvolger getroud is, maar dat sy vrou in n aanval van swaarmoedigheid haar lewe geneem het. Aan haar sy het hy vir die eerste keer besef hoe lief hy vir klein Cady was. Hy vra haar opnuut om haar hand, maar Cady weier, hoe-wel sy hom teen wil en dank nog liefhet. Haar trots het haar tegehou. Hans het daarop vertrek en Cady het jare later ge-hoor dat hy in Engeland beland het en daar meer siek as ge-sond was.
Cady self het op sewe-en-twintig met Simon, n welgestelde plattelandse man getrou. Sy het baie lief geword vir hom, maar tog nooit so lief soos vir Hans nie. Sy het twee dogters en n seun gehad, Lilian, Judith en Nico. Simon en sy was gelukkig, maar Hans het altyd op die agtergrond gebly totdat sy een nag van hom gedroom en van hom afskeid geneem het.
Dit is nie sentimentele onsin nie, want die verhaal van Vader se lewe is daarin verwerk.
Anne M. Frank
Saterdag, 13 Mei 1944
