Liewe Kittie
n Nuwe toneeltjie om oor te lag:
Peter se hare moes geknip word en die kapster sou soos ge-woonlik sy moeder wees. Vyf-en-twintig minute oor sewe het hy in sy kamer in verdwyn en klokslag halfagt het hy weer daar uitgekom, poedelnaak op n blou baaibroekie en gimskoene na.
Kom jy saam? het hy aan sy moeder gevra. Ja, maar ek soek die skr!
Peter het help soek en in die proses Mevrou se toiletlaaitjie behoorlik deurmekaar gekrap. Moenie so omkrap nie, Peter, het sy gebrom. Ek kon Peter se antwoord nie hoor nie, maar dit moes parmantig gewees het, want sy het hom n klap op sy arm gegee en hy het een teruggegee. Toe slaan sy met alle mag en met n komiese gesigsuitdrukking het hy sy arm weggetrek. Kom nou, ou tannie!
Mevrou het bly staan. Peter het haar aan haar twee polse beetgekry en haar deur die hele kamer getrek. Mevrou het ge-huil, gelag, geskel en haar voete gestamp, maar dit alles het niks gehelp nie. Peter het sy gevangene tot by die soldertrap
gevoer waar hy haar moes laat los. Mevrou het na die kamer teruggekeer en met n luide sug op n stoel neergesak.
Die Entfhrung der Mutter,* het ek grappenderwys ges. Ja, maar hy het my seergemaak.
Ek het ondersoek gaan instel en haar warm, rooi polse met koel water gebaai. Peter wat nog onder aan die trap gestaan het, het weer ongeduldig begin word en met sy gordel in sy hand het hy soos n dieretemmer die kamer ingestap. Mevrou het geweier om saam te gaan; voor haar skryftafel bly sit en na n sakdoek gesoek. Jy moet eers om verskoning vra.
Nou goed, ek bied jou my verskonings aan, omdat dit an-ders te laat word.
Mevrou moes teen wil en dank lag, opstaan en na die deur toe loop. Hier het sy haar verplig gevoel om eers nog vir ons n verduideliking te gee. (Ons was Vader, Moeder en ek, besig om op te was.)
Tuis was hy nie so nie, het sy ges. Ek sou hom n klap gegee het dat hy die trap afgevlieg het(!). Hy was nooit so par-mantig nie en hy het ook meer klappe gekry. Dt is nou die moderne opvoeding en moderne kinders. Ek sou nooit my moeder so behandel het nie. Het u so met u moeder omge-gaan, meneer Frank?
Sy was so opgewonde, het heen en weer geloop, alles en nog wat gevra en ges en nog steeds het sy nie boontoe gegaan nie. Eindelik, eindelik is sy weg. Maar sy was skaars vyf minute bo, toe storm sy met opgeblase wange die trap af. Op my vraag of sy al klaar was, het sy haar voorskoot neergegooi, ge-antwoord dat sy n rukkie ondertoe gaan en soos n dwarrel-wind die trap afgestorm, waarskynlik in die arms van haar Putti.
Sy het nie weer boontoe gekom voor agtuur nie. Haar man het saamgekom. Peter is van die solder af geroep en het n ge-nadelose berisping gekry met skeldwoorde soos snuiter,
* Die ontvoering van die moeder.
deugniet, onbeleef , Anne is, Margot maak. Meer kon ek nie opvang nie. Vermoedelik is alles vandag weer vergewe en vergete.
Anne M. Frank
Ns. Dinsdag- en Woensdagaand het ons alombeminde konin-gin gepraat; sy neem vakansie om gesterk na Nederland te kan terugkeer. Sy het gepraat van binnekort as ek terug is, spoe-dige bevryding, heldemoed en sware laste. n Toespraak van meneer Gerbrandy het gevolg. Di man het so n klaerige kin-derstemmetjie dat Moeder onwillekeurig og ges het. n Do-minee wat die stem van meneer Edel* gegaps het, het die aand met n gebed tot God afgesluit, dat Hy vir die Jode, die mense in konsentrasiekampe, gevangenisse en in Duitsland moet sorg.
Donderdag, 11 Mei 1944
