Liewe Kittie
Die bevorderingsplegtigheid Sondag in die Joodse Skouburg het na wense verloop. My rapport is glad nie so sleg nie. Ek het een onvoldoende, n vyf vir Algebra, verder almal sewes, twee agts en twee sesse. Tuis was hulle wel bly, maar my ouers is wat punteaangeleenthede betref heeltemal anders as ander ouers; hulle trek hulle niks van goeie of slegte rapporte aan nie en kyk net of ek gesond is of nie, nie vrypostig is nie en pret het. As di drie dinge in orde is, kom die ander wel vanself.
Ek is die teenoorgestelde, ek wil nie sleg doen nie. Ek is voorwaardelik in die Lyceum aanvaar, omdat ek eintlik nog in die sewende klas van die Montessori-skool moes gebly het, maar toe alle Joodse kinders na Joodse skole moes gaan, het meneer Elte my en Lies Goslar na n heen-en-weer-pratery voorwaardelik aanvaar. Lies het ook geslaag, maar sy moet n moeilike hereksamen in Meetkunde doen.
Arme Lies, sy kan tuis nie hard werk nie; haar klein sussie speel die hele dag in haar kamertjie, n bedorwe baba van byna twee jaar. As Gabi nie haar sin kry nie, skreeu sy, en as Lies dan nie aandag aan haar gee nie, skreeu mevrou Goslar. Op so n manier kan Lies nie behoorlik werk nie en dan help al die baie ekstra klasse wat sy altyd weer moet kry ook nie veel nie. Dit is vir jou n huishouding daardie! Mevrou Goslar se ouers woon langsaan, maar eet ook by die gesin. Dan is daar ook n diensmeisie, die baba, meneer Goslar, altyd verstrooid en af-wesig, en Mevrou, altyd senuweeagtig en geritteerd. Sy ver-
wag weer n baba. In hierdie deurmekaarspul, soos n huishou-ding van die skilder Jan Steen, is Lies met haar twee linker-hande soos n verdwaalde. My suster Margot het ook haar rap-port gekry, skitterend soos gewoonlik. As cum laude by ons bestaan het, het sy sekerlik met lof geslaag, die slimkop!
Vader is die laaste tyd dikwels tuis; op kantoor het hy niks meer te doen nie. Dit moet n nare gewaarwording wees om so oorbodig te voel. Meneer Kleiman het Opekta oorgeneem en meneer Kugler weer Gies en Kie., die maatskappy wat surrogaatkruie verkoop en wat onlangs in 1941 opgerig is.
Toe ons n paar dae gelede saam om ons pleintjie gaan loop het, het Vader oor skuiling soek begin praat. Hy het dit gehad oor hoe moeilik dit vir ons sal wees om heeltemal afgeskei van die wreld te lewe. Ek het gevra hoekom hy nou al daaroor praat. Wel, Anne, het hy daarop ges, jy weet dat ons al meer as n jaar lewensmiddele en meubels na ander mense toe vat. Ons wil ons goed nie in die hande van die Duitsers laat be-land nie, maar nog veel minder wil ons deur hulle gevange ge-neem word. Ons sal daarom uit ons eie weggaan en nie wag tot ons gehaal word nie.
Maar, Vader, wanneer dan? Ek het angstig geword omdat Vader dit met soveel erns ges het.
Moenie jou daaroor bekommer nie, ons sal dit wel rel, ge-niet jou onbesorgde lewetjie solank jy dit nog kan geniet.
Dit was al. O, laat die vervulling van hierdie somber woor-de nog lank uitbly.
Daar lui die klokkie. Hello is hier. Ek sluit.
Woensdag, 8 Julie 1942
