Liewe Kittie
Ons het gistermiddag op die solder Frans gesit en leer toe ek meteens agter my n gekletter van water hoor. Ek het Peter ge-vra wat dit kon beteken, maar hy het sonder om te antwoord na die bosolder gehardloop, reguit na die plek van onheil, en Mouschi wat weens n te nat katbak langs die bak plaasgeneem het, hardhandig op die regte plek neergesit. n Luidrugtige spektakel het gevolg. Mouschi wat intussen uitgepiepie was, het ondertoe gehardloop. Hy het om n bietjie katbakgerief te ondervind op n handjie vol skaafsels bo-op n spleet in die po-reuse soldervloer gaan sit. Die plas het dadelik van die bo-solder af deur die plafon na die solder afgeloop en ongelukkig presies in en langs die aartappelvat. Die plafon het gedrup en aangesien die soldervloer ook nie sonder gaatjies is nie, het ver-
skeie geel druppeltjies daardeur geval tot in die kamer tussen n stapel kouse en boeke wat op die tafel gel het.
Ek het dubbel gel van die lag; dit was so n snaakse gesig: Mouschi inmekaargekrimp onder n stoel, Peter met water, bleikpoeier en n vloerlap in sy hande en Van Daan besig om die gemoedere te sus. Die rampskade was gou herstel, maar dis n bekende feit dat kattepiepie vreeslik stink. Dit het die aar-tappels gister alte duidelik bewys en ook die houtsaagsels wat Vader in n emmer ondertoe gebring het om te verbrand.
Arme Mouschi, hoe moet jy weet dat daar geen katsand te kry is nie?
Anne
Donderdag, 11 Mei 1944
