Liewe Kittie
Die verhaaltjie van Ellen die fee is klaar. Ek het dit oorgeskryf op mooi skryfpapier, met rooi ink versier en aanmekaar ge-werk. Die geheel lyk mooi, maar of dit nie n bietjie effentjies is nie, weet ek nie.
Meneer Kugler kom vanmiddag boontoe met die berig dat mevrou Broks vanaf Maandag om tweeuur hier wil kom koffie drink. Stel jou voor! Niemand kan meer boontoe kom nie, aar-tappels kan nie gebring word nie, Bep kry niks te ete nie, ons kan nie na die toilet toe gaan nie, ons mag ons nie verroer nie en al die orige onaangenaamhede! Ons het vorendag gekom met die mees uiteenlopende voorstelle om dit so te bewimpel dat sy van haar voorneme afsien. Van Daan het gedink dat n
goeie lakseermiddel in haar koffie dalk voldoende sal wees. Nee, het Kleiman geantwoord, asseblief nie, dan kom sy nooit weer van die doos af nie!* Dawerende gelag.
Van die doos? het Mevrou gevra. Wat beteken dit? n Uitleg het gevolg. Kan ek dit altyd gebruik? het sy daarna heel onskuldig gevra.
Stel jou voor, het Bep gegiggel, dat jy in die Bijenkorf vra waar is die doos; hulle sal jou nie eens verstaan nie!
Dussel sit nou stiptelik om halfeen op die doos om die uitdrukking maar in gebruik te hou. Vanmiddag het ek kordaat n stuk pienk papier gevat en daarop geskryf:
toilet-diensreling vir meneer Dussel soggens 7.15  7.30
smiddags na 1-uur verder volgens wens
Dit het ek op die groen toiletdeur vasgesit toe hy nog daarop gesit het. Ek kon gerus nog daarby geskryf het: By die oortre-ding van hierdie wet word opsluiting toegepas!
Want ons toilet kan jy van binne en buite sluit. Die nuutste grap van Van Daan:
Na aanleiding van die lesse uit die Bybel en Adam en Eva het n dertienjarige seun aan sy vader gevra: Vader, s n bietjie vir my, hoe is ek eintlik gebore?
Ja, het die vader geantwoord. die ooievaar het jou uit die groot waters gehaal, jou by Moeder in die bed neergel en haar hand en been gepik. As gevolg daarvan het sy gebloei en moes sy meer as n week in die bed gel het.
Om dit nog presieser te verstaan, het die seun dit ook aan sy moeder gevra. S my, Moeder, het hy gevra, hoe is jy eintlik gebore en hoe is ek gebore?
Sy  moeder  het  hom  presies  dieselfde  verhaal  vertel,  maar
Doos is n plat Nederlandse uitdrukking vir n toilet. Dis nie heeltemal n skokwoord nie, maar tog ook nie netjiese taalgebruik nie. 
met die bedoeling om fynere besonderhede te verkry, het die seun hom ook nog tot sy grootvader gewend: S my, Oupa, hoe is jy en hoe is jou dogter gebore? En vir die derde keer het hy dieselfde verhaal gehoor.
Die aand het hy in sy dagboek geskryf: Na die inwin van baie noukeurige inligting, moet ek konstateer dat in ons fami-lie vir drie generasies geen geslagsverkeer plaasgevind het nie!
Ek moet nog werk, dit is al drieuur. Anne M. Frank
Ns. Ek het jou al van die nuwe poetsvrou vertel en wil net by-voeg dat hierdie dame getroud, sestig jaar en hardhorend is! Baie voordelig vir moontlike geluide wat, afkomstig van agt onderduikers, hoorbaar sou kon wees.
O Kit, dis sulke heerlike weer, kon ek maar buitentoe ge-gaan het!
Woensdag, 10 Mei 1944
