Liewe Kittie
Het ek jou eintlik al iets van ons familie vertel? Ek dink nie so nie en daarom sal ek maar dadelik daarmee begin. Vader is in Frankfurt am Main gebore as seun van skatryk ouers. Michael Frank het n bank gehad en het daardeur n miljoenr geword en Alice Stern was die kind van baie vooraanstaande en ryk ouers. In sy jeug was Michael Frank glad nie ryk nie, maar hy
het hom opgewerk. Vader het in sy jeug n ware rykmanseun-lewetjie gelei met elke week partytjies, danse, feeste, mooi mei-sies, walse, dinees, baie kamers, ensovoorts. Al die geld het na die Eerste Wreldoorlog en inflasie verlore gegaan. Tot voor die oorlog was daar nog genoeg ryk families oor. Vader is dus uitermate goed opgevoed en moes gister vreeslik lag omdat dit die eerste keer in sy lewe was dat hy die braaipan aan tafel uit-gekrap het.
Moeder was nie so ryk nie, maar tog behoorlik welgesteld en daarom kan ons oopmond luister na die verhale oor verlo-wingspartye met tweehonderd-en-vyftig mense, private danse en dinees.
Ryk kan n mens ons nie meer noem nie, maar al my hoop is gevestig op na die oorlog, want ek verseker jou dat ek nie op so n karige lewetjie ingestel is soos Moeder en Margot nie. Ek sou graag vir n jaar na Parys en n jaar na Londen wou gaan om die taal te leer en kunsgeskiedenis te studeer. Vergelyk dit nou met Margot wat n kraamverpleegster in Palestina wil word. Ek het nog droombeelde van mooi rokke en interessante mense; ek wil iets sien van en iets beleef in die wreld en daar-voor kan n bietjie geld geen kwaad doen nie!
Miep het vanoggend vertel van die verlowing van haar nig-gie waarheen sy Saterdag was. Die niggie se ouers is ryk en die bruidegom sn nog ryker. Miep het ons monde laat water met die ete wat hulle gekry het: groentesop met frikkadelletjies in, kaas, broodjies met maalvleis, hors doeuvres met eier en roast beef , broodjies met kaas, luukse gebak, wyn en sigarette, van alles soveel as wat jy wou h. Miep het tien drankies gedrink en drie sigarette gerook; is dit die vrou wat so anti-alkohol is? As Miep al soveel ingehad het, wat sou haar eggenoot dan nie weggeslaan het nie? Hulle was op daardie party natuurlik iet-wat aangeklam. Daar was ook twee polisiemanne van die Moordseksie wat fotos van die paar geneem het. Jy kan sien dat haar onderduikers geen minuut uit Miep se gedagtes is nie, want sy het gesorg dat sy die naam en adres van die polisie-
manne onthou, ingeval daar iets mag gebeur en n mens goeie Nederlanders nodig het.
Miep het ons laat watertand; ons wat vir ontbyt niks anders gehad het as twee lepels pap nie, wie se mae rammel van die honger, ons wat dagin en daguit niks anders kry nie as halfrou spinasie (vir die vitamines!) en slegte aartappels, ons wat in ons le mae niks anders inkry nie as slaai, stoofslaai, spinasie, spi-nasie en nogmaals spinasie. Miskien word ons nog so sterk soos Popeye, hoewel ek nog nie veel daarvan sien nie!
As Miep ons saamgeneem het na die verlowing, het daar vir die ander gaste niks van die broodjies oorgebly nie. As ons op die party was, het ons seker alles geplunder en selfs die meu-bels nie op hulle plekke gelaat nie. Ek kan vir jou s dat ons die woorde uit Miep se mond getrek het, dat ons om haar gestaan het asof ons nog nooit in ons lewe van lekker kos of sjiek mense gehoor het nie! En dit is die kleindogters van n befaam-de miljoenr. Dinge in die wreld neem tog n vreemde loop!
Anne M. Frank
Dinsdag, 9 Mei 1944
