Liewe Kittie
Vader en ek het gistermiddag n lang gesprek gehad; ek het vreeslik gehuil en ook hy moes saamhuil. Weet jy wat het hy vir my ges, Kittie?
Ek het al baie briewe in my lewe gekry, maar dit is die lelik-ste! Jy, Anne, wat soveel liefde van jou ouers ondervind het, ouers wat altyd gereed staan om jou te help, wat jou altyd ver-dedig het, jy praat van geen verantwoording teenoor ons hoef te doen nie! Jy voel verontreg en alleen gelaat. Nee, Anne, dit is n groot onreg wat jy ons aangedoen het!
Miskien het jy dit nie so bedoel nie, maar dit was s neer-geskryf; nee, Anne, so n verwyt het ons nie verdien nie!
O, ek het verskriklik gefaal, dit is sekerlik die ergste daad waarvoor ek in my lewe verantwoordelik is. Ek wou spog met my huil en my trane, ek wou my aan hom voordoen as groot sodat hy respek vir my kan h. Ek het sekerlik verdriet beleef en alles wat ek oor Moeder ges het, is waar, maar om die goeie Pim so te beskuldig  hy wat alles vir my gedoen het en nog doen  nee, dit was meer as gemeen.
Dit is baie goed dat ek n keer van my onbereikbare hoogte af grond toe gebring is, dat my trots n bietjie geknak is, want ek was weer veels te ingenome met myself. Wat mejuffrou Anne doen, is lank nie altyd goed nie! Iemand wat n ander mens wat hy s dat hy liefhet, so n verdriet aandoen en dan nog boonop opsetlik, is laag, baie laag!
En ek skaam my nog die meeste oor die manier waarop Vader my vergewe het; hy sal die brief in die kaggel gooi en hy is nou so liefderik teenoor my asof h iets verkeerds gedoen het. Nee, Anne, jy moet tog nog ontsettend veel leer en begin maar eers opnuut daarmee in plaas van om op ander neer te sien en ander te beskuldig!
Ek het baie verdriet gehad, maar het elkeen op my leeftyd dit nie? Ek het baie toneel gespeel, maar was nie eens altyd be-wus daarvan dat ek dit doen nie; ek het eensaam gevoel, maar was byna nooit wanhopig nie! Soos Vader wat met n mes op straat geloop het om n einde aan alles te maak, s ver was ek nooit.
Ek moet my diep skaam en ek skaam my diep; gedane sake het geen keer nie, maar n mens kan wel herhalings voorkom. Ek wil weer van voor af begin en dit kan nie moeilik wees nie, aangesien ek Peter nou het. Met hom as steun kan ek dit doen! Ek is nie meer alleen nie; hy hou van my en ek hou van hom, ek het my boeke, my skryfboeke en my dagboek, ek is nie so erg lelik nie, nie so dom nie, ek is vrolik van aard en ek wil n goeie karakter kry!
Ja, Anne, jy het gevoel dat jou brief te hard en onwaar was, maar jy was ook nog trots daarop! Laat ek Vader weer as voor-beeld neem en ek sal verbeter.
Anne M. Frank
Maandag, 8 Mei 1944
