Liewe Kittie
Die laaste tyd kan ek nie meer stilsit nie; ek loop van bo na on-der en weer terug. Dit is vir my lekker om met Peter te praat, maar ek is heeltyd bang dat ek hom lastig val. Hy het my die een en ander oor vroer, sy ouers en homself vertel. Dis vir my veels te min en ek vra my al om die vyf minute af hoe ek daar-toe kom om meer te verlang. Hy het my vroer onuitstaanbaar gevind en vice versa wat my betref. Nou het ek van mening ver-ander; moes hy dan ook verander het? Ek dink wel so, tog be-teken dit nog nie dat ons dik bevriend moet word nie, hoewel ek van my kant af die hele onderduik dan makliker sal kan ver-duur. Maar ek laat my nie gek maak nie! Ek hou my genoeg met hom besig en hoef jou nie saam met my irriterend te laat word nie, want ek is lamlendig!
Anne
Sondag, 12 Maart 1944
