Liewe Kittie
Gister voor ete het ek die brief in Vader se sak gestop en na die lees daarvan was hy volgens Margot die hele aand van stryk. (Ek was bo aan die opwas!) Arme Pim, ek kon tog geweet het wat die epistel sou oplewer. Hy is s gevoelig! Ek het dadelik aan Peter ges dat hy niks meer moet vra of s nie. Pim het niks aan my oor die geval te kenne gegee nie; sou dit nog kom?
Hier gaan alles weer ongeveer die normale gang. Wat Jan, Kugler en Kleiman vertel oor die pryse daar buite is net onge-looflik: n Halfpond tee kos 350 gulde, n halfpond koffie 80 gulde, botter 35 gulde per pond, n eier 1,45 gulde. Vir Bul-gaarse tabak word 14 gulde per ons betaal! Almal koop op die swartmark en elke afleweringsman bied iets te koop aan. Die seun wat vir ons bakker aflewer, het stopgare vir ons gebring, 90 sent vir n dun stringetjie, die melkman het klandestiene rantsoenkaarte gekry, n begrafnisondernemer lewer kaas af. Daagliks word ingebreek, vermoor en gesteel. Polisiemanne en nagwagte doen net soveel mee as beroepsdiewe. Elkeen wil iets in sy maag h en omdat salarisverhogings verbode is, word mense gedwing tot swendelary. Die kinderpolisie bly besig met opsporingswerk; meisies van vyftien, sestien, sewentien en ouer word elke dag vermis.
Ek wil probeer om die verhaaltjie van Ellen, die fee, klaar te skryf. Vir die grap kan ek dit aan Vader vir sy verjaarsdag gee, met alle outeursregte daarby. Tot siens (dis eintlik verkeerd; in die Duitse uitsending uit Engeland s hulle Auf wiederhren, ek moet dan eintlik skryf Tot weerskryfens).
Anne M. Frank
Sondagmre, 7 Mei 1944
