Liewe Kittie
Vader is ontevrede met my, hy het gedink dat ek na ons gesprek van Sondag uit my eie nie meer elke aand boontoe sou gaan
nie. Hy wil die Knutscherei* nie h nie. Daardie woord kon ek nie aanhoor nie; dit was al aaklig genoeg om daaroor te praat, waarom moet hy my ook nog verder sleg laat voel! Ek sal vandag met hom praat. Margot het my goeie raad gegee; hier is wat ek ongeveer wil s:
Vader, ek dink dat jy n verklaring van my verwag, ek sal dit vir jou gee. Jy is teleurgesteld in my, jy het meer terughou-dendheid van my verwag, jy wil seker h dat ek moet wees soos van n veertienjarige verwag kan word, maar daarin ver-gis jy jou!
Sedert ons hier is, vanaf Julie 1942 tot n paar weke gelede, het ek dit werklik nie maklik gehad nie. As jy maar geweet het wat ek saans uitgehuil het, hoe wanhopig en ongelukkig ek was, hoe eensaam ek gevoel het, dan sal jy wel kan begryp dat ek boontoe wil gaan! Ek het nie van die een dag na die vol-gende daarin geslaag om sonder Moeder en sonder steun van wie ook al, te leef nie. Dit kan my nie skeel as jy lag en my nie glo nie; ek weet dat ek n mens op my eie is en ek voel vir geen sent verantwoordelik aan julle nie. Ek het jou net in my ver-troue geneem omdat ek nie wil h dat jy moet dink ek steek vir jou dinge weg nie, maar vir my dade hoef ek net aan myself ver-antwoording te doen.
Toe ek probleme gehad het, het julle, en ook jy, jou o ge-sluit en jou ore toegestop; jy het my nie gehelp nie, inteendeel, ek het niks anders as vermanings gekry dat ek nie so luidrugtig moet wees nie. Ek ws luidrugtig, omdat ek nie altyd verdrie-tig wou wees nie, ek was voorbarig om nie steeds die stem van binne te hoor nie. Ek het een en n halwe jaar lank toneel ge-speel, dagin en daguit, ek het nie gekla nie en nie my masker laat sak nie, niks daarvan het ek gedoen nie, en nou, nou is ek klaar gestry. Ek het oorwin! Ek is selfstandig na liggaam en gees; ek het geen moeder meer nodig nie, ek het deur al die stryd sterk geword.
* vryery
En nou, noudat ek bo is, noudat ek weet dat ek klaar ge-veg het, nou wil ek ook self my pad verder loop, die pad wat ek dink goed is. Jy kan en mag my nie as veertien beskou nie; ek het deur al die narigheid ouer geword. Ek sal glad nie spyt oor my dade wees nie, ek sal maak soos wat ek dink ek kan!
Jy kan my nie op n sagsinnige manier bo weghou nie, f jy verbied my alles f jy vertrou my deur dik en dun, maar laat my met rus!
Anne M. Frank
Saterdag, 6 Mei 1944
