Liewe Kittie
So het ons dan in die gietende ren geloop, Vader, Moeder en ek, elkeen met n skooltas en inkopiesak tot bo volgeprop met die mees uiteenlopende dinge. Die arbeiders wat vroeg werk toe gaan, het ons medelydend agternagekyk; op hul gesigte was die spyt te lees dat hulle ons nie enige vervoer kon aanbied nie; die opsigtelike geel ster het vir homself gespreek.
Eers toe ons op straat was, het Vader en Moeder my in stukkies en brokkies die hele onderduikplan vertel. Al maande lank het hulle soveel van ons huisraad en klere as moontlik die
huis uitgesmokkel, en ons was net sover dat ons op 16 Julie vrywillig sou gaan onderduik het. Maar omrede van die op-roep moes die onderduikplan tien dae vroer in werking gestel word, sodat ons met minder geordende woonruimtes tevrede sal moet wees.
Die skuilplek self sou in Vader se kantoorgebou wees. Dit is vir buitestanders n bietjie moeilik om te verstaan, daarom sal ek dit n bietjie nader toelig. Vader het nie n groot personeel gehad nie: meneer Kugler, Kleiman en Miep, verder nog Bep Voskuijl, die drie-en-twintigjarige snelskriftikster, wat almal van ons koms op hoogte was. In die pakhuis is meneer Voskuijl, Bep se vader, en twee assistente aan wie ons niks ges het nie.
Die gebou steek soos volg in mekaar: Die onderste verdie-ping is n groot kantoor wat as pakhuis gebruik word. Dit is weer onderverdeel in verskillende hokkies, soos die maalkamer waar kaneel, naeltjies en pepersurrogaat gemaal word, en die voorraadkamer. Langs die pakhuisdeur is daar n gewone huis-deur wat deur n tussendeur toegang tot n trap gee. Aan die bokant van die trap bereik n mens n halfmatglasdeur waarop eenmaal in swart letters kantoor gestaan het. Dit is die groot voorste kantoor, baie groot, baie lig en baie vol. Bedags werk Bep, Miep en meneer Kleiman daar. Via n portaal met n brandkluis, garderobe en n groot voorraadkas kom n mens in die klein, muwwe, taamlike donker agterkamertjie. Daar het meneer Kugler en meneer Van Daan vroer gesit, nou nog slegs eersgenoemde. n Mens kan Kugler se kantoor ook deur die gang bereik, maar dan slegs deur n glasdeur wat wel van binne, maar nie van buite sonder meer oopgemaak kan word nie. Vanuit Kugler se kantoor loop die lang smal gang verby die steenkoolhok, vier trappies op, tot by die pronkstuk van die hele gebou, die privaat kantoor. Deftige donker meubels, lino-leum en matte op die vloer, radio, sjiek lamp, alles deftig-deftig. Langsaan n groot, ruim kombuis met n warmwater-geiser en n stofie met twee gasplate en langsaan n toilet. Dit is die eerste verdieping. Vanuit die onderste gang loop n ge-wone houttrap na bo.
Aan die bopunt is n klein portaaltjie wat n mens n oor-lopie sal kan noem. Regs en links van die oorloop is deure, die linkerdeur lei na die voorhuis met pakhuisruimte, voorsolder en boonste voorsolder. Vanaf di voorgebou loop aan die ander kant ook nog n lang, hipersteil, egte Hollandse been-breektrap na die tweede straatdeur.
Regs van die oorloop is die Agterhuis. Geen mens sal ver-moed dat soveel kamers agter die eenvoudige, grysgeverfde deur weggesteek is nie. Net een tree en jys voor die deur en binne-in die huis. Regs teenoor die ingangsdeur is n steil trap, links n klein gangetjie en n kamer wat die woon- en slaapkamer van die gesin Frank sal word, langsaan is nog n kleiner kamer, die slaap- en werkkamer van die twee jonge dames Frank. Regs van die trap n kamer sonder venster, met n wastafel en toilethokkie, en ook weer n toegang tot my en Margot se kamer. As n mens die trap opgaan en die deur aan die bopunt oopmaak, staan n mens verbaas dat so n groot, ligte en ruim vertrek in so n ou gragtehuis te vinde is. In die vertrek staan n stoof (dit het ons te danke aan die feit dat dit vroer Kugler se laboratorium was) en n opwasbak. Dit is dus die kombuis en tewens ook die slaapkamer van die egpaar Van Daan, algemene woonkamer, eetkamer en werkkamer. n Heel klein deurloopkamertjie sal Peter van Daan se slaapkamer word. Dan net soos aan die voorkant n solder en boonste sol-der. Siedaar, ek het ons hele mooi Agterhuis vir jou beskryf!
Anne
Vrydag, 10 Julie 1942
