Liewe Kittie
Eers gou die jongste nuusbrokkies van die week! Die politiek het vakansie; daar is niks, maar glad niks om mee te deel nie.
So langsamerhand het ek begin glo dat die Geallieerde inval kom; hulle kan die Russe tog nie alles laat regmaak nie, trouens, di doen op die oomblik ook niks nie.
Meneer Kleiman is weer elke oggend op kantoor. Hy het vir Peter se divan n nuwe veer gebring en dus moet Peter be-gin stoffeer. Begryplikerwys is hy glad nie lus daarvoor nie. Kleiman het ook katpoeier teen vlooie verskaf.
Het ek jou vertel dat ons Moffie weg is? Sedert verlede week Donderdag het hy spoorloos verdwyn. Hy is seker al lankal in die kattehemel, terwyl die een of ander dierevriend van hom n lekker happie maak. Miskien kry n meisie wat geld het n mus van sy vel. Peter is hieroor baie bedroef.
Sedert twee weke gelede eet ons Saterdagmiddae om half-twaalf, dus moet ons soggens met n koppie pap uithou. Van mre af sal dit elke dag die geval wees met die doel om n maal-tyd te spaar. Groente is nog altyd baie moeilik verkrygbaar; vanmiddag het ons slegte gestoofde slaai gehad. Gewone slaai, spinasie en gestoofde slaai en verder is daar niks. Daarby slegte aartappels, dus n heerlike kombinasie!
Die afgelope twee maande het ek nie gemenstrueer nie, maar Sondag het dit eindelik weer gebeur. Ondanks die narig-heid en moeite is ek tog bly dat dit my nie langer in die steek gelaat het nie.
Soos jy sal kan dink, word hier dikwels in vertwyfeling ge-s: Wat, o wat, is die doel van di oorlog, waarom kan mense nie vreedsaam saamleef nie, waarom moet alles verwoes word? Die vraag is begryplik, maar n afdoende antwoord het nie-mand tot dusver gevind nie. Ja, waarom bou hulle in Engeland steeds  groter  vliegtuie,  steeds  swaarder  bomme  en  daarby voorafvervaardigde  huise  vir  die  heropbou?  Waarom  word daar daagliks miljoene aan die oorlog bestee en is daar geen sent vir die geneeskunde, vir kunstenaars, vir arm mense nie? Waarom moet mense honger ly, terwyl in ander dele van die wreld  n  oorvloed  aan  voedsel  wegvrot?  O,  waarom  is  die
mense so waansinnig?
Ek sal nooit glo dat oorlog slegs die werk van groot man-ne, van die regeerders en kapitaliste is nie. O nee, die gewone man doen dit net so graag, anders sou die volkere tog al lank-al daarteen in opstand gekom het! Daar is nou eenmaal in mense die drang om te verniel, om dood te slaan, te vermoor en rasend te wees, en solank die hele mensdom sonder uitson-dering geen groot metamorfose ondergaan het nie, sal daar oorlog woed, sal alles wat opgebou, gekultiveer en gekweek is, weer afgesny en vernietig word, om daarna opnuut te begin!
Ek was dikwels neerslagtig, maar nooit wanhopig nie. Hier-die onderduik beskou ek as n gevaarlike avontuur wat roman-ties en interessant is. In my dagboek beskou ek elke ontbering as vermaaklikheid. Ek het my nou eenmaal voorgeneem dat ek n ander lewe sal lei as ander meisies en later n ander lewe as gewone huisvrouens. Wat hier gebeur, is die goeie begin van n interessante lewe, daarom, slegs daarom moet ek in die gevaar-likste oomblikke lag oor die koddige situasie.
Ek is jonk en het nog baie verborge eienskappe, ek is jonk en sterk en beleef di groot avontuur, ek is nog midde-in die avontuur en kan nie die hele dag kla omdat ek myself nie kan vermaak nie! Ek het baie gekry om met my saam te neem; n gelukkige geaardheid, baie vrolikheid en krag. Elke dag voel ek hoe my innerlike groei, hoe die bevryding naderkom, hoe mooi die natuur is, hoe goed die mense in my omgewing en hoe interessant en amusant hierdie avontuur is! Waarom sal ek dan wanhopig wees?
Anne M. Frank
Vrydag, 5 Mei 1944
