Liewe Kittie
Saterdagaand het ek Peter gevra of hy dink ek moet Vader iets van ons vertel. Nadat ons dit n bietjie bespreek het, het hy ge-dink ek moet. Ek was bly; dit getuig van n goeie aanvoeling by hom. Ek het dadelik toe ek onder was, saam met Vader water gaan haal en reeds op die trap ges: Vader, jy weet seker dat as ek en Peter saam is, ons nie n meter van mekaar af sit nie; vind jy dit erg? Vader het nie dadelik geantwoord nie en toe s hy: Nee, Anne, erg vind ek dit nie, maar hier in die be-perkte ruimte moet jy versigtig wees. Hy het nog iets in di
gees ges en toe is ons boontoe. Sondagoggend het hy my na hom toe geroep en ges: Anne, ek het weer daaroor nagedink (ek het al bang geword), hier in die Agterhuis is dit eintlik nie so goed nie, ek het gedink julle is net maats. Is Peter verlief?
Nee, glad nie, het ek geantwoord.
Ja, jy weet dat ek julle goed begryp, maar jy moet terug-houdend wees. Moenie meer so dikwels boontoe gaan nie, moet hom nie meer aanmoedig as wat nodig is nie. Die man is in di dinge altyd die aktiewe, die vrou kan terughou. Dit is buite as jy vry is iets heeltemal anders; jy sien ander seuns en meisies, jy kan wegkom, aan sport deelneem en baie ander dinge doen, maar as julle hier dikwels saam is en jy wil weg, kan jy nie. Julle sien mekaar elke uur, eintlik altyd. Wees versig-tig, Anne, en moenie dit te ernstig opneem nie!
Dit doen ek nie, Vader, maar Peter is fatsoenlik, hy is n liewe seun!
Ja, maar hy het nie n sterk karakter nie; hy kan maklik na die goeie maar ook na die slegte kant benvloed word. Ek hoop vir sy part dat hy goed sal bly, want hy het n goeie geaardheid. Ons het nog n bietjie verder gepraat en afgespreek dat Va-
der ook met hom sou praat.
Sondagmiddag op die voorsolder het hy gevra: En het jy toe met jou vader gepraat, Anne?
Ja, het ek geantwoord, ek sal jou daarvan vertel. Hy dink nie dis erg nie, maar hy s dat waar ons hier so dig op mekaar bly, daar maklik konflikte kan ontstaan.
Ons het tog besluit dat ons nie rusie sal maak nie en ek is van plan om my daaraan te hou.
Ek ook, Peter, maar dis nie wat Vader bedoel het nie; hy het gedink dat ons maats is. Dink jy dat ons dit nou nie kan wees nie?
Ja, ek dink tog so, en jy?
Ek ook. Ek het vir Vader ges dat ek jou vertrou. Ek ver-trou op jou, Peter, net so volkome soos op Vader en ek glo dat jy dit werd is. Is dit nie so nie?
Ek hoop so. (Hy was baie verle en rooierig.)
Ek glo in jou, Peter, het ek voortgegaan. Ek glo dat jy n goeie karakter het en dat jy vooruit sal gaan in die wreld.
Ons het daarna oor ander dinge gepraat. Later het ek nog ges: As ons hier uitkom, weet ek dat jy jou nie meer aan my sal steur nie.
Hy het vurig geraak. Dit is nie waar nie, Anne, o nee, dit mag jy nie van my dink nie.
Toe word ons geroep.
Hy het my Maandag vertel dat Vader met hom gepraat het. Jou vader dink dat die kameraadskap dalk nog op verliefdheid kan uitloop, het hy ges, maar ek het geantwoord dat ons mekaar wel in bedwang sal hou.
Vader wil nou h dat ek saans minder boontoe moet gaan, maar ek wil nie daaraan gehoorsaam wees nie; nie net omdat ek graag by Peter wil wees nie, maar omdat ek ges het dat ek hom vertrou. Ek vertrou hom ook en ek wil di vertroue ook aan hom bewys en dit kan ek nooit doen as ek nou uit wan-troue onder bly nie. Nee, ek gaan!
Intussen het die Dussel-drama weer n goeie afloop gehad. Hy het Saterdagaand aan tafel in mooi Nederlandse woorde sy verontskuldiging aangebied. Van Daan was dadelik versoen. Dussel het seker die hele dag aan sy toesprakie geleer. Sy ver-jaarsdag Sondag het rustig verbygegaan. Van ons het hy n goeie bottel wyn van 1919 gekry, van die Van Daans (wat nou tog hulle present kon gee) n flessie atjar en n pakkie skeermes-lemmetjies, van Kugler n bak suurlemoene (vir limonade), van Miep n boek, Martijntje, van Bep n plantjie. Hy het elkeen van ons op n eier getrakteer.
Anne M. Frank
Woensdag, 3 Mei 1944
