Liewe Kittie
Dit word n nag- en dagmerrie. Ek sien hom omtrent elke uur en ek kan nie by hom uitkom nie, ek mag niks aan niemand wys nie, maar ek moet vrolik wees terwyl ek van binne wanho-pig is.
Peter Schiff en Peter van Daan het saamgevloei tot n Peter wat goed en liefderik is en na wie ek verskriklik verlang. Moeder is vreeslik, Vader is dierbaar en daardeur nog lastiger, Margot is die lastigste, want sy maak aanspraak op n vriende-like gesig en ek wil met rus gelaat word.
Peter het nie op die solder na my toe gekom nie, maar na die bosolder gegaan en daar aan iets getimmer. Met elke ge-kraak en elke slag het daar n stukkie van my moed afgebrokkel en het ek nog verdrietiger geword. En in die verte het n klok gelui: Regop van buite, opreg van binne!
Ek is sentimenteel, ek weet dit. Ek is wanhopig en onver-standig; dit weet ek ook.
O, help my!
Anne M. Frank
Woensdag, 1 Maart 1944
