Liewe Kittie
My droom oor Peter Schiff het ek nooit vergeet nie (kyk begin Januarie). Ek voel, as ek daaraan dink, vandag nog sy wang teen myne met daardie heerlike gevoel wat alles goed maak. Met Peter hier het ek di gevoel ook wel soms gehad, maar nooit so sterk nie, totdat  ons gisteraand saam gesit het, soos gewoonlik op die divan, in mekaar se arms. Toe het die eerste Anne meteens weggegly en het die tweede Anne in haar plek gekom; die tweede Anne wat nie oormoedig en vermaaklik is nie, maar wat net lief wil h en sag wil wees.
Ek het styf teen hom gesit en die ontroering in my voel opstyg; die trane het in my o geskiet, die linkerkantste het op sy oorpak geval, die regterkantste het langs my neus deur die lug gedruppel, ook op sy oorpak. Sou hy dit agtergekom het? Geen beweging het dit verraai nie. Sou hy net soos ek voel? Hy het ook byna geen woord ges nie. Sou hy geweet het dat hy
twee Annes by hom gehad het? Dis almal onbeantwoorde vrae.
Om halfnege het ek opgestaan en na die venster geloop. Daar neem ons altyd afskeid. Ek het nog gebewe; ek was nog Anne no. 2. Hy het na my toe gekom, ek het my arms om sy nek geslaan en n soen op sy linkerwang gedruk. Net toe ek wou oorgaan na die regterwang, het my mond syne ontmoet en het ons lippe op mekaar gedruk. Duiselend het ons ons teen mekaar gedruk, nog n keer en nog n keer, o!
Peter het behoefte aan teerheid. Hy het vir die eerste keer in sy lewe n meisie ontdek, vir die eerste keer gesien dat die mees terglustige meisies ook n innerlike en n hart het en ver-ander sodra hulle alleen by jou is. Hy het vir die eerste keer sy vriendskap en homself gegee; hy het nog nooit voorheen n vriend of n vriendin gehad nie. Nou het ons mekaar gevind. Ek het hom ook nie geken en ook nooit n vertroueling gehad nie en hierop het dit uitgeloop 
Weer is daar die vraag wat my nie loslaat nie: Is dit goed? Is dit goed dat ek so gou toegee, dat ek so heftig is, net so hef-tig en vol verlange soos Peter self? Mag ek, n meisie, my so laat gaan? Daarop is maar n antwoord: Ek verlang so  al so lank, ek is so eensaam en nou het ek n troos gevind!
Soggens tree ons gewoon op en smiddags meesal ook, be-halwe soms, maar saans kom die verlange van die hele dag, die geluk en die saligheid van al die vorige kere weer na vore en dink ons net aan mekaar. Elke aand na die laaste soen sou ek wou weghardloop, hom nie meer in die o wou kyk nie, weg, weg, alleen die donker in!
En wat kry ek as ek die veertien trappies af is? Die helder lig, n vraag hier en n gelag daar en dan moet ek sorg dat ek iets kry om te doen en niks laat merk nie.
My hart is nog te week om n skok soos di van gisteraand onmiddellik van my af weg te stoot. Die sagte Anne maak te selde haar verskyning en laat haar daarom ook nie dadelik by die deur uitjaag nie. Peter het my geraak, dieper as wat ek nog
ooit in my lewe geraak is, behalwe in my droom! Peter het my in besit geneem en my binneste buitentoe gekeer; is dit dan nie vir elke mens vanselfsprekend dat hy daarna tot rus moet kom om binne-in weer te herstel nie?
O, Peter, wat het jy met my gedoen? Wat wil jy van my h? Waarnatoe moet dit lei? O, nou begryp ek vir Bep, nou, nou-dat ek dit self ervaar, nou begryp ek haar twyfel. As ek ouer was en hy met my sou wou trou, wat sou ek geantwoord het? Anne, wees eerlik! Jy sou nie met hom kan trou nie, maar om hom te laat gaan is ook so moeilik. Peter het nog te min karak-ter, te min wilskrag, te min moed en sterkte. Hy is nog n kind; in sy binneste nie ouer as ek nie, hy wil slegs rus en geluk vind. Is ek werklik net veertien? Is ek werklik nog so onervare in alles? Ek het meer ervaring as die ander; ek het iets meegemaak wat byna niemand op my leeftyd ken nie.
Ek is bang vir myself, ek is bang dat my verlangens my te gou verraai; hoe kan dit dan later met ander seuns goed gaan? O, dit is so moeilik, altyd is die hart n die verstand weer daar en elkeen moet op sy tyd praat, maar is ek wel seker dat ek die regte tyd gekies het?
Anne M. Frank
Dinsdag, 2 Mei 1944
