Liewe Kittie
Vanoggend is Mevrou in n slegte bui; sy kla oor haar verkoue, dat sy nie keeltablette kry nie, dat n mens dit nie kan uithou om jou neus so baie te blaas nie. Dan weer omdat die son nie skyn nie, omdat die Geallieerde inval nie kom nie, dat ons nie by die venster kan uitkyk nie, ensovoorts, ensovoorts. Ons moes vreeslik vir haar lag en dit kon nie so erg gewees het nie, want sy het saam begin lag.
Resep vir ons aartappel-chalet, by gebrek aan uie gewysig:
Neem geskilde aartappels, maal hulle in n groentemeule, voeg n bietjie regeringsmeelblom en sout by. Smeer die bakvorm of vuur-vaste skottel met olie of kersvet en bak hierdie deeg vir twee en n half-uur. Eet met slegte gestoofde aarbeie. (Uie nie verkrygbaar nie, ook nie olie vir die vorm of deeg nie!)
Op die oomblik lees ek Keizer Karel V deur n hoogleraar aan die Universiteit van Gttingen; di man het veertig jaar aan die boek gewerk. In vyf dae het ek vyftig bladsye gelees. Meer is nie moontlik nie. Die boek bevat 598 bladsye, dus kan jy uitreken hoe lank dit my sal neem en dan is daar nog die tweede deel! Maar  dis baie interessant!
Waarvan n skoolmeisie nie alles op een dag hoor nie; neem my maar as voorbeeld! Eers het ek n stuk oor Nelson se laaste veldslag uit Hollands in Engels vertaal. Daarna het ek die ver-loop van die Noorse oorlog (17001721) bestudeer met be-trekking tot Peter die Grote, Karel XII, Augustus die Sterke, Stanislaus Leschinsky, Mazeppa, Van Grz, Brandenburg, Voor-Pommere, Agter-Pommere en Denemarke plus die be-trokke jaartalle. Vervolgens het ek in Brasili beland, gelees van die Bahia-tabak, die oorvloedige koffie, die anderhalf miljoen inwoners van Rio de Janeiro, Pernambuco en So Paulo, om die Amasonerivier nie te vergeet nie. Van Negers, halfbloede, blankes, meer as 50% analfabete en malaria. Omdat daar nog n bietjie tyd oor was, het ek gou nog n stamboom deurge-
gaan. Jan die Oue, Willem Lodewyk, Ernst Casimir I, Hendrik Casimir I, tot met die klein Margriet Franciska (gebore 1943) in Ottawa. Twaalfuur: Op die solder het ek die leerperiode voortgesit met dekens, pastoors, dominees, pouse en  pff! Tot eenuur.
Na tweeuur het die arme kind (hm, hm) al weer gesit en werk. Smal- en breneusape was aan die beurt. Kittie, s gou: Hoeveel tone het n seekoei!?
Toe volg die Bybel, die ark van Noag, Sem, Gam en Jafet. Daarna Karel V. By Peter die lees van Thackeray se Die kolonel in Engels, mekaar Franse woorde vra en toe die Mississippi met die Missouri vergelyk!
Genoeg vir vandag, adieu!
Anne M. Frank
Vrydag, 28 April 1944
