Liewe Kittie
Tien dae lank al praat Dussel nie met Van Daan nie, en net om-dat ons na die inbraak n hele boel nuwe veiligheidsmaatrels getref het. n daarvan is dat hy nie meer saans ondertoe mag gaan nie. Peter doen elke aand om halftien saam met meneer Van Daan die rondte en dan mag niemand meer ondertoe gaan nie. Vanaf agtuur saans mag die toilet nie meer gespoel word nie en ook soggens na agtuur nie. Die vensters mag soggens
eers oopgemaak word as daar lig in Kugler se kantoor brand en saans mag hulle nie meer met stokkies oopgehou word nie. Laasgenoemde was die aanleiding tot Dussel se nukkerigheid. Hy beweer dat Van Daan hom afgesnou het, maar dit is maar net sy eie skuld.
Ek sal wel met meneer Kugler daaroor praat, het hy vir my ges. Ek het ges dat sulke dinge nooit met net meneer Kugler nie, maar in oorleg met ons almal, saam besluit word.
Alles gebeur hier ook agter my rug; dan sal ek wel met jou vader daaroor praat.
Hy mag Saterdagmiddae en Sondae ook nie meer in Kugler se kantoor gaan sit nie, omdat die baas van Keg dit kan hoor as hy inkom. Daar en dan het Dussel tog daar gaan sit. Van Daan was rasend en Vader is ondertoe om dit vir hom te gaan s. Natuurlik het hy weer die een of ander verskoning gehad, maar dit het di keer selfs by Vader nie geslaag nie. Vader praat nou ook so min as moontlik met hom, omdat Dussel hom be-ledig het; op watter manier weet nie ek of enige een van ons ander nie, maar dit sou wel erg gewees het. En volgende week verjaar die ellendeling. Verjaar, jou mond nie oopmaak nie en presentjies ontvang, hoe pas dit bymekaar?
Meneer Voskuijl gaan vinnig agteruit. Hy het nou al meer as tien dae by die veertig grade koors. Die dokter beskou die toestand as hopeloos; hulle dink dat die kanker na die longe versprei het. Die arme man, n mens sou hom so graag wou help, maar niemand behalwe God kan hier help nie!
Ek het n oulike verhaal geskryf. Die titel is Blurry, de wereldontdekker en dit het baie in die smaak van my drie toe-hoorders geval.
Ek is nog altyd erg verkoue en het sowel vir Margot as vir Vader en Moeder aangesteek. As Peter dit maar nie kry nie! Hy moes n soen h en noem my sy Eldorado. Hy kan my nie so noem nie, die verspotte knaap! Maar hy is tog dierbaar!
Anne M. Frank
Donderdag, 27 April 1944
