Liewe Kittie
Gistermiddag toe ek met n seer keel in die bed gel het, was ek so verveeld dat ek opgestaan het omdat ek tog geen koors gehad het nie. Die keelseer is dan ook so te s verschwun-den.*
Gister het ons Fhrer, soos jy waarskynlik self ontdek het, vyf-en-vyftig geword. Vandag is dit die agtiende verjaarsdag van
* verdwyn.
Haar Koninklike Hoogheid kroonprinses Elizabeth van York. Op die BBC is aangekondig dat sy nog nie mondig verklaar is soos met ander prinsesse die geval is nie. Ons het ons afgevra met wie hierdie skoonheid in die huwelik sal tree, maar kon geen geskikte eggenoot vind nie. Miskien kan haar suster, prin-ses Margaret Rose, kroonprins Boudewijn van Belgi kry!
Hier gaan ons van die een ellende na die ander; nouliks is die buitedeure nou eindelik goed gegrendel of Van Maaren kom weer met iets vorendag. Na alle waarskynlikheid het hy aartappelmeel gesteel en nou wil hy Bep daarvan beskuldig. Die Agterhuis is begryplikerwys weer in rep en roer. Bep is buite haarself van woede. Miskien laat Kugler die skurkagtige droster nou dophou.
Vanoggend was die waardeerder uit Beethovenstraat hier. Hy wil vir ons kis vierhonderd gulde betaal; ook die ander aan-biedinge is volgens ons te laag.
Ek wil een van my sprokies na De Prins stuur, natuurlik on-der n skuilnaam, maar omdat my sprokies tot nog toe te lank is, dink ek nie dat ek veel kans het dat hulle dit sal publiseer nie.
Tot die volgende keer, darling. Anne M. Frank
Dinsdag, 25 April 1944
