Liewe Skat
(Dit is die titel van n film met Dorit Kreysler, Ida Wst en Harold Paulsen!)
Wat is daar mooier in die wreld as om voor n oop venster na die natuur te kyk, die voltjies te hoor fluit, die son op jou wange te voel en n liewe seun in jou arms te h? Dit is so rus-tig en veilig om sy arm om my te voel, om te weet hy is digby en tog te swyg; dit kan nie verkeerd wees nie, want hierdie rus is goed. O, om nooit weer gesteur te word nie, selfs nie deur Mouschi nie.
Anne M. Frank
Vrydag, 21 April 1944
