Liefste Kittie
Die spreekwoord n Ongeluk kom nooit alleen nie is vandag van pas. Peter het dit nou net ges. Ek sal jou vertel watter nare dinge ons beleef het en wat nog miskien bo ons koppe hang.
Ten eerste is Miep siek as gevolg van gister se troue van Henk en Aagje. Sy het koue gevat in die Westerkerk waar dit plaasgevind het. Ten tweede is meneer Kleiman nog steeds nie terug sedert sy laaste maagbloeding nie en is Bep dus alleen op kantoor. Ten derde is n meneer (wie se naam ek nie sal noem nie) deur die polisie gearresteer. Nie slegs vir die man is dit baie erg nie, maar ook vir ons wat gretig op aartappels, botter en konfyt wag. Meneer M., so sal ons hom maar noem, het vyf kinders onder dertien jaar en een op pad.
Gisteraand het ons weer n taamlike skok beleef toe daar aan ons muur geklop is. Ons was besig om te eet. Die res van die aand het gejaagd en senuweeagtig verloop.
Ek het die laaste tyd glad nie meer lus om die gebeurtenisse hier op te skryf nie. My eie belange l veel nader aan die hart. Moet my nie verkeerd verstaan nie, want ek vind die lot van
die arme meneer M. verskriklik, maar in my dagboek is nie baie plek vir hom nie.
Dinsdag, Woensdag en Donderdag was ek vanaf halfvyf tot kwart oor by Peter. Ons het Frans gedoen en oor alles en nog wat geklets. Ek verheug my werklik oor die klein uurtjie smid-dags en die mooiste van alles is dat ek dink dat Peter ook bly is om my te sien.
Anne M. Frank
Saterdag, 11 Maart 1944
