Liewe Kittie
Hier gaan alles goed. Gisteraand was die timmerman weer hier en hy het begin om ysterplate voor die openinge in die deure te skroef. Vader het nou net ges dat hy verwag dat daar voor 20 Mei grootskeepse militre operasies sal plaasvind, sowel in Rusland en Itali as in die weste. Ek kan my n bevryding uit ons situasie al hoe minder voorstel.
Gister het Peter en ek toe uiteindelik by ons gesprek uitge-kom wat al meer as tien dae uitgestel is. Ek het alles oor mei-sies vir hom uitgel en nie geskroom om die mees intieme dinge te bespreek nie. Dit was vir my nogal snaaks dat hy ge-dink het dat hulle die ingang in vroueliggame op prentjies doodgewoon weglaat. Hy kon hom dus nie voorstel dat dit regtig tussen die bene sit nie. Die aand het geindig met n we-dersydse soen, so n bietjie langs die mond. Dit is werklik n heerlike gevoel!
Miskien neem ek my Mooie-zinnenboek tog n keer saam boontoe om eindelik n bietjie dieper op dinge in te gaan. Ek vind geen bevrediging daarin om dag na dag net in mekaar se arms te l nie en sou graag wil glo dat hy ook so voel.
Ons het na ons milde wintertjie weer n pragtige lente. April is inderdaad verruklik, nie te warm en nie te koud nie, met so nou en dan n renbuitjie. Ons kastaiingboom is taamlik groen; hier en daar is daar al bloeisels soos klein waskersies aan.
Bep het ons Saterdag met vier bossies blomme bederf, drie bossies affodille en een bossie druifhiasinte. Laasgenoemde was vir my. Meneer Kugler voorsien ons steeds beter van koerante.
Ek moet algebra doen, Kittie, tot siens! Anne M. Frank
Woensdag, 19 April 1944
