Liewe Kittie
Dink jy dat Vader en Moeder dit sou goedkeur dat ek op n divan sit en soen; n seun van sewentien en n half en n meisie
van byna vyftien? Ek dink eintlik nie so nie, maar in hierdie ge-val moet ek my maar op myself verlaat. Dit is so rustig en veilig om in sy arms te l en droom, dit is so opwindend om sy wang teen myne te voel, dis so heerlik om te weet dat daar iemand op my wag. Maar daar is inderdaad n maar aan ver-bonde, want sal Peter dit hierby wil laat? Ek het sy belofte reg-tig nie vergeet nie, maar  hy is n seun!
Ek weet self dat ek vroeg begin. Dat ek nog nie vyftien is nie en reeds so selfstandig is, sal vir baie mense n bietjie onbe-gryplik wees. Ek weet byna seker dat Margot nooit n seun sou soen as daar nie sprake is van verloof raak en trou nie. Sulke planne het ng Peter ng ek. Ook Moeder het voor Vader aan geen man geraak nie. Wat sou my vriendinne of Jacque daar-van s dat ek in Peter se arms l met my hart op sy bors, met my kop op sy skouer, met sy kop en gesig op myne!
O, Anne, hoe skandelik! Maar regtig, ek dink nie dis skan-delik nie; ons sit hier opgesluit, afgesluit van die wreld, in angs en kwelling, die laaste tyd veral, waarom sal ons wat van mekaar hou dan van mekaar wegbly? Waarom sou ons mekaar in hierdie tye nie n soen gee nie? Waarom sou ons wag tot ons die regte leeftyd bereik het? Waarom sal ons kwelvrae aan ons-self stel?
Ek het my voorgeneem om myself op te pas. Peter sou my nooit verdriet of pyn wil aandoen nie, waarom sal ek dan nie doen wat my hart vir my s en wat ons albei gelukkig maak nie?
Tog dink ek, Kittie, dat jy wel iets van my twyfel merk. Ek dink dis my eerlikheid wat daarteen in opstand kom om iets in die geheim te doen. Dink jy dis my plig om aan Vader te ver-tel waarmee ek besig is? Dink jy dat n derde ons geheim te hore moet kom? Baie van wat mooi en besonder is daaraan, sal verlore gaan, maar sal my binneste dan rustiger word? Ek sal met hom daaroor praat.
O ja, ek wil nog oor soveel met hom praat, want ek sien geen nut daarin om mekaar net te liefkoos nie. Om ons gedag-
tes met mekaar te deel, vra baie vertroue, maar ons sal beslis sterker word in die besef van di vertroue.
Anne M. Frank
Ns. Gisteroggend was ons al weer om sesuur op, omdat die hele familie weer inbraakgeluide gehoor het. Dit was miskien een van ons bure wat di keer die slagoffer was. Toe ons om seweuur gekontroleer het, was ons deure bottoe, dankie tog!
Dinsdag, 18 April 1944
