Liefste Kittie
Onthou die dag van gister, want dit is baie belangrik in my lewe. Is dit nie vir elke meisie belangrik as sy haar eerste soen kry nie? Nou ja, vir my is dit net so belangrik. Bram se soen op my regterwang tel nie en ewemin di van Woudstra op my regterhand. Hoe ek die soen so skielik gekry het? Laat ek jou vertel.
Op Dinsdag 11 April 1944 is die gebou waarin alle uitgereikte persoons-registers bewaar is, suksesvol gebombardeer (vgl. die Kritiese Edisie (2001), p. 649). 
Gisteraand om agtuur het ek saam met Peter op sy divan gesit. Hy het sommer gou sy arm om my gesit (omdat dit Sa-terdag was, het hy nie sy oorpak aangehad nie). Laat ons n bietjie opskuif, het ek ges, sodat ek my kop nie teen die kas-sie stamp nie. Hy het tot byna in die hoekie opgeskuif en ek het my arm onder syne deur op sy rug gel en hy het my om-trent begrawe deurdat sy arm om my skouers gehang het. Ons het wel al meermale so gesit, maar nooit so na aan mekaar soos gisteraand nie. Hy het my styf teen hom vasgedruk. My linker-bors het op syne gel, my hart het al hoe vinniger geklop, maar ons was nog nie klaar nie. Hy het nie gerus voordat my kop op sy skouer gerus het en syne weer daar bo-op nie. Toe ek na vyf minute weer n bietjie regop gaan sit het, het hy gou my kop in sy hande geneem en dit weer teen hom vasgedruk. O, dit was so heerlik! Ek kon nie veel praat nie, die genot was te groot; hy het my wang en arm n bietjie onhandig gestreel, aan my krulle gevroetel en ons koppe het die meeste van die tyd teen mekaar gerus. Die gevoel wat my deurstroom het, kan ek nie beskryf nie, Kittie, ek was te gelukkig en ek dink hy ook.
Om halfnege het ons opgestaan. Peter het sy gimskoene aangetrek om sagter op sy tweede rondte deur die huis te loop en ek het by hom gestaan. Hoe ek skielik die regte beweging gemaak het, weet ek nie, maar voordat ons ondertoe gegaan het, het hy my n soen gegee, tussen my hare, half op my linkerwang, half op my oor. Ek het sonder om om te kyk on-dertoe gehardloop en verlang baie na vandag.
Sondagmre iets voor elf.
Anne M. Frank
Maandag, 17 April 1944
