Liewe Kittie
Die een skrik volg op die ander. Wanneer sal dit ophou? Dit kan ons nou regtig s, want hoor net wat het nou weer gebeur: Peter het vergeet om die voordeur te ontgrendel. Die gevolg was dat Kugler met die manne van die pakhuis nie by die huis kon inkom nie; hy is toe na Keg toe en het die kombuisvenster oopgebreek. Ons vensters het oopgestaan en Keg het dit ook gesien. Wat sal hulle by Keg dink? En Van Maaren? Kugler is woedend. Hy word verwyt dat hy niks aan die deure laat ver-ander nie en ons begaan so n stommiteit! Peter is heeltemal oorstuur. Toe Moeder aan tafel ges het dat sy die meeste me-delye met Peter het, het hy byna gehuil. Dit is net soveel ons skuld, want ons en meneer Van Daan vra omtrent elke dag of die deur ontgrendel is. Miskien kan ek hom binnekort n bietjie troos. Ek sou hom so graag wou help!
Hier volg nog enkele vertroulike mededelings oor die lewe in die Agterhuis gedurende die laaste paar weke:
Saterdag n week gelede het Moffie skielik siek geword; hy het gekwyl en was baie stil. Miep het hom flink opgetel, hom in n doek toegedraai en hom na die honde- en kattekliniek ge-neem. Die dokter het hom medisyne gegee vir iets wat met sy ingewande verkeerd was. Peter het hom ook n paar keer van di medisyne gegee en gou was Moffie nrens te sien nie, maar het dag en nag rondgeloop, seker na sy meisie toe. Maar nou is sy neus heeltemal opgeswel en as jy aan hom vat, miaau hy. Miskien het hy n hou gekry toe hy rens wou kos steel. Mouschi was n paar dae hees en net toe ons van voorneme was om hom ook na die dokter te neem, was hy weer halfpad gesond.
Ons soldervenster bly nou snags ook n entjie oop. Peter en ek sit nog saans bo. Danksy n rubberoplossing en olieverf kon ons toilet gou weer herstel word. Die stukkende kraan is ook deur n ander een vervang.
Met meneer Kleiman se gesondheid gaan dit gelukkig weer beter. Hy gaan binnekort na n spesialis. Ons hoop maar dat n maagoperasie nie nodig is nie.
Hierdie maand het ons agt rantsoenkaarte gekry. Ongeluk-kig staan vir die eerste veertien dae in plaas van hawermout en gort net peulvrugte daarop. Ons nuutste lekkerny is atjar. As n mens nie gelukkig is nie, bevat n glashouer daarvan slegs kom-kommers en mosterdsous. Groente is glad nie verkrygbaar nie. Slaai voor en slaai agter. Ons maaltye bestaan net uit aartappels en surrogaatsous. Die Russe is in besit van meer as die helfte van die Krim. Die Engelse kom nie verder as Casino nie. Laat ons maar hoop op die Westelike Muur. Daar is baie onvoorstel-baar swaar bombardemente. In Den Haag is die Verenigde Nederlandse Burgerlike Stand getref. Alle Nederlanders kry nuwe identiteitsbewyse*.
Genoeg vir vandag.
Anne M. Frank
Sondag, 16 April 1944
