Liefste Kittie
Van soggens vroeg tot saans laat doen ek eintlik niks anders as om aan Peter te dink nie. Ek raak met sy beeld voor my o aan die slaap, droom van hom en word weer wakker as hy my nog aankyk. Ek het n baie sterk gevoel dat Peter en ek nie heeltemal soveel verskil as wat dit van buite af lyk nie en ek sal vir jou uit-
l waarom: Peter en ek mis albei n moeder. Syne is te opper-vlakkig, flankeer graag en bekommer haar nie veel oor wat Peter dink nie. Myne bemoei haar wel baie met my, maar het geen takt, geen fyn aanvoeling en geen moederlike begrip nie.
Peter en ek worstel albei met ons binneste, ons is albei on-seker en eintlik innerlik te teer en te sag om ru behandel te word. Dan wil ek net hier uitkom of my binneste verberg. Dan stamp ek potte en spat met water en is luidrugtig sodat almal graag sou wou h dat ek ver weg moet wees. Peter trek terug in homself, praat omtrent nie, is stil en droom en verberg homself op di manier ook angsvallig.
Maar hoe en wanneer sal ons mekaar eindelik bereik?
Ek weet nie hoe lank ek nog die verlange met my verstand sal kan beheers nie.
Anne M. Frank
Maandag, 28 Februarie 1944
