Liewe Kittie
Die stemming hier is nog baie gespanne. Pim wil oorkook, Mevrou l met n verkoue in die bed en kla, Meneer sonder sy
sigarette is bleek. Dussel wat baie van sy geriewe opoffer, maak aanmerkings, ensovoorts. Ons is op die oomblik nie gelukkig nie. Die toilet lek en sy kraan sit vas. Danksy ons vele kennisse kan die een sowel as die ander maklik herstel word.
Soms is ek sentimenteel, dit weet jy wel, maar  hier is soms ook plek vir sentimentaliteit. As Peter en ek rens tussen baie rommel en stof op n harde houtkis sit, arms om mekaar se skouers, digby mekaar, hy met n krul van my in sy hand, as die vols buite so trillend fluit, as jy die bome groen sien word, as die son jou na buite lok, as die lug so blou is, o, dan het ek soveel verlangens!
Niks behalwe ontevrede en suur gesigte sien n mens hier nie, niks behalwe sugte en onderdrukte gekla nie, dit lyk wel of dit hier meteens verskriklik sleg met ons gaan. Alles is werklik net so sleg as wat jy dit self maak. Hier in die Agterhuis stel niemand n goeie voorbeeld nie, elkeen moet maar self sien hoe hy sy buie baasraak!
As dit maar verby is! Dit hoor jy elke dag!
Mijn werk, mijn hoop, mijn liefde, mijn moed, dat alles houdt mij rechtop en maakt me goed!
Ek dink regtig, Kit, dat ek vandag n bietjie getik is en ek weet tog nie waarom nie. Alles is deurmekaar geskryf en daar is geen verband te bespeur nie en ek twyfel soms ernstig daaraan of my kletspraatjies later enigeen sal interesseer. Die ontboese-minge van n lelike jong eendjie; dit sal die titel word van al di onsin.
Meneer Bolkestein of Gerbrandy* sal aan my dagboeke so-waar nie veel h nie.
Anne M. Frank
* Lede van die Nederlandse regering in ballingskap in Londen.
Saterdag, 15 April 1944
