Liefste Kittie
My kop draai, ek weet regtig nie waar om te begin nie. Don-derdag (die laaste keer dat ek aan jou geskryf het) het gewoon verloop. Vrydag was Goeie Vrydag en ons het die middag Monopoly gespeel en weer Saterdagmiddag. Di dae het almal gou verbygegaan. Saterdag omstreeks tweeuur het n swaar ge-skiet begin; volgens die mans deur snelvuurkanonne. Verder was alles rustig.
Sondagmiddag het Peter op my uitnodiging om halfvyf na my toe gekom, om kwart oor vyf is ons na die voorsolder, waar ons tot sesuur gebly het. Van sesuur tot om kwart oor sewe is n mooi Mozart-konsert oor die radio uitgesaai; veral die Eine kleine Nachtmusik het ek baie geniet. Ek kan byna nie in die kamer luister nie, omdat mooi musiek my binneste in beroe-ring bring.
Sondagaand kon Peter nie gebad het nie, omdat die skottel vol wasgoed onder in die kombuis gestaan het. Ons het om agtuur saam na die voorsolder gegaan en om sag te kan sit, het ek die enigste divankussing saamgeneem wat in ons kamer te vinde was. Ons het op n kis gaan sit. Sowel kis as kussing was baie smal; ons het styf teen mekaar gesit en ons albei het teen
ander kiste aangeleun. Mouschi het ons nog geselskap gehou, dus was ons nie onbespied nie. Meteens, om kwart voor nege, het meneer Van Daan gefluit en gevra of ons n kussing van meneer Dussel by ons gehad het. Ons altwee het opgespring en met kussing, kat en Van Daan ondertoe gegaan. Di kussing was die oorsaak van n hele misre. Dussel was kwaad omdat ek sy nagkussing saamgevat het en bang dat daar vlooie in ge-kom het. Hy het alles in rep en roer gehad oor die kussing. Peter en ek het as wraak op sy onuitstaanbaarheid twee harde borsels in sy bed gesit, maar dit later weer uitgehaal. Ons het baie gelag oor di intermezzo.
Maar ons pret sou nie lank duur nie. Om halftien het Peter saggies aan die deur geklop en gevra of Vader hom gou met n moeilike Engelse sin sou help.
Alles is nie pluis nie, het ek vir Margot ges, dis duidelik n versinsel; die mans praat met stemme wat verraai dat daar ingebreek is!
My veronderstelling was reg. Iemand was besig om in die pakhuis in te breek. In n ommesientjie was Vader, Van Daan en Peter onder. Margot, Moeder, Mevrou en ek het die uit-koms afgewag. Vier vroue in angs moet praat, dus ook ons, totdat ons onder n slag gehoor het. Daarna was alles stil. Die klok het kwart voor tien geslaan. Die kleur het uit ons almal se gesigte verdwyn, maar ons was nog rustig, hoewel bang. Waar sou die mans wees? Wat het die slag beteken? Sou hulle mis-kien met die inbrekers baklei? Niemand het verder gedink nie; ons het gewag.
Tienuur, voetstappe op die trap. Vader het bleek en senu-weeagtig binnegekom, gevolg deur meneer Van Daan. Lig af! Saggies boontoe; ons verwag polisie in die huis! Daar was nie tyd vir angs nie, die ligte is afgeskakel, ek het nog gou n baadjie gegryp en toe sit ons bo.
Wat het gebeur? Vertel tog gou!
Daar was niemand om te vertel nie; die mans was onder. Eers om tien oor tien het al vier boontoe gekom. Twee het waggehou by Peter se oop venster, die deur na die oorloop was
gesluit, die draaikas toe. Ons het n trui oor die naglampie ge-hang en daarna het hulle vertel:
Peter het op die oorloop twee harde slae gehoor, ondertoe gegaan en gesien dat aan die linkerkant van die pakhuisdeur n groot plank uit was. Hy het boontoe gehardloop en die weer-bare deel van die familie gewaarsku en hulle is al vier saam on-dertoe. Die inbrekers was nog aan die steel toe hulle die pak-huis binnegegaan het. Sonder om na te dink, het Van Daan ge-skreeu: Polisie! Haastige voetstappe na buite; die inbrekers het op die vlug geslaan! Om te voorkom dat die polisie die gat opmerk, is die plank weer daarvoor ingesit, maar met n harde skop van buite het dit weer uitgevlieg en op die grond beland. Die mans was verbysterd oor soveel brutaliteit. Sowel Van Daan as Peter het moordneigings in hulle voel opkom. Van Daan het hard met die byl op die grond geslaan en alles het weer stil geword. Die plank het opnuut voor die gat verskyn en opnuut is die rus versteur. n Egpaar het met n flits deur die hele pakhuis gelig. Wat de duiwel, het een van die mans ge-mompel en  toe het hulle rol van polisie na inbrekers veran-der. Al vier het boontoe gehardloop. Dussel en Van Daan het Dussel se boeke gegryp, Peter het die deure en vensters van die kombuis en die privaat kantoor oopgemaak, die telefoon op die grond gesmyt en ten slotte het al vier agter die skuilmure beland. (Einde van die eerste deel.)
Na alle waarskynlikheid het die egpaar met die flits die polisie gewaarsku. Dit was Sondagaand, die aand van eerste Paasdag, tweede Paasdag was niemand op kantoor nie, dus kon niemand hom verroer voor Dinsdagmre nie. Dink net hoe dit is om twee nagte en n dag in hierdie angs te sit! Ons het ons nie probeer voorstel wat kon gebeur nie, net maar in die stikdonker gewag, omdat Mevrou ook uit angs die lamp heeltemal afgeskakel het. Fluisterende stemme en by elke gekraak: Sjuut, sjuut.
Dit het halfelf geword, elfuur, geen geluid, om die beurt het Vader en Van Daan na ons toe gekom. Toe kwart oor elf, n ge-druis onder. Die asemhaling van die hele gesin was by ons
hoorbaar. Verder het ons ons nie verroer nie. Voetstappe in die huis, die privaat kantoor, kombuis, toe  ons trap. Niemand het nou hoorbaar asemgehaal nie, agt harte het gebons. Voet-stappe op ons trap, n gerammel aan die draaikas. Di oomblik is onbeskryflik.
Nou is ons verlore, het ek ges, en ek het gesien hoe die Gestapo nog dieselfde nag al vyftien van ons* wegvoer. Ge-rammel aan die draaikas, twee keer, toe val daar n blikkie en die voetstappe raak weg. Voorlopig was ons buite gevaar! n Rilling het deur ons almal gegaan, van onbepaalde kante af het ek tande hoor klapper, niemand het nog n woord ges nie en so het ons bly sit tot halftwaalf.
In die huis het ons niks meer gehoor nie, maar daar het lig op die oorloop gebrand, vlak voor die kas. Sou dit wees omdat ons kas geheimsinnig gelyk het? Het die polisie miskien die lig aan vergeet? Gaan iemand dit nog kom afsit? Die tonge het losgeraak; daar was niemand meer in die huis nie, miskien wel n bewaker voor die deur.
Daar is drie dinge wat ons toe gedoen het: bespiegelinge geuiter, geril van angs en na die toilet gegaan. Die emmers was op die solder; slegs Peter se bliksnippermandjie kon diens doen. Van Daan het n begin gemaak, daarna Vader. Moeder het haar te veel geskaam. Vader het die blik na die kamer toe gebring en Margot, Mevrou en ek het dankbaar daarvan gebruik gemaak. Moeder het eindelik ook toegegee. Daar was steeds versoeke vir papier en ek het gelukkig iets in my sak gehad. Die blik het gestink, almal het gefluister en ons was moeg; dit was twaalf-uur.
Gaan l tog op die grond en slaap! Margot en ek het albei n kussing en n kombers gekry. Margot het n ent van die voor-raadkas af gel, ek tussen die pote van die tafel. Op die grond het dit nie so erg gestink nie, maar mevrou Van Daan het tog stilletjies n bietjie bleikpoeier gaan haal en n afdroogdoek as tweede beskermingsmiddel oor die blik gesit. Gepraat, gefluis-
* Die agt onderduikers plus hulle helpers.
ter, bangheid, windjies en voortdurend iemand op die pot. Probeer maar om in di omstandighede te slaap! Om halfdrie was ek egter te moeg en tot halfvier het ek niks gehoor nie. Ek het wakker geword toe Mevrou met haar kop op my voete gaan l.
Gee my asseblief iets om aan te trek! het ek gevra. Ek het iets gekry, maar vra nie wat nie; n wolbroek oor my pajama, die rooi trui en swart rok, wit onderkouse en stukkende knie-kouse. Mevrou het weer op die stoel plaasgeneem en Meneer het met sy kop op my voete kom l. Vanaf halfvier het ek begin nadink en ek het nog so gebewe dat Van Daan nie kon slaap nie. Ek het my daarop voorberei dat die polisie sou terugkom en dat ons sal moet s dat ons onderduikers is; f hulle is goeie Nederlanders, dan is alles reg f hulle is NSBers,* dan moet ons hulle omkoop!
Steek tog die radio weg! het Mevrou gesug.
Ja, in die stoof, het Meneer geantwoord. As hulle ons kry, dan sal hulle die radio ook kry!
Dan kry hulle ook Anne se dagboek! het Vader hom inge-meng.
Verbrand dit dan, het die bangste een van ons almal ge-opper.
Dt en toe die polisie aan die deur gerammel het, was my bangste oomblikke. Net nie my dagboek nie, my dagboek gaan saam met my! Gelukkig het Vader nie geantwoord nie. Dit het glad nie sin om al die gesprekke wat ek nog onthou weer te gee nie. Daar is soveel gepraat. Ek het Mevrou in haar angs ge-troos. Ons het gepraat oor vlug en oor ondervraging deur die Gestapo, oor opbel en moedig wees.
Nou moet ons ons maar soos soldate gedra, Mevrou, as dit vir ons die einde is, dan is dit nou eenmaal so en moet dit maar vir Koningin en Vaderland, vir vryheid, waarheid en reg soos Radio Oranje altyd s. Die enigste ding wat ontsettend naar is, is dat ons almal saam die ongeluk intrek!
* Lede van die Nederlandse Nazi-party.
Meneer Van Daan het weer na n uur met sy vrou geruil en Vader het na my toe gekom. Die mans het een stryk deur ge-rook, af en toe n diepe sug geslaak, n draaitjie geloop en dan het alles weer opnuut begin.
Vieruur, vyfuur, halfses. Toe het ek by Peter gaan sit en luis-ter, styf teen hom, so styf dat ons die trillinge in mekaar se lig-game kon voel. So het ons gesit, af en toe n woord gewissel en fyn geluister. Binne het hulle die verduistering weggeneem en die punte van wat hulle aan Kleiman wou vertel, opgeskryf. Hulle wou naamlik om seweuur vir Kleiman bel en iemand vra om hierheen te kom. Die risiko dat die wag by die deur sou hoor as daar gebel word, was groot, maar die risiko dat die polisie kon terugkom nog groter.
Die lys vir Kleiman sluit ek in, maar ek skryf dit vir die dui-delikheid tog ook oor; die punte daarop is:
Ingebreek: polisie in huis, tot aan draaikas, nie verder nie. In-brekers is waarskynlik verras, pakhuisdeur oopgedwing en deur die tuin ontvlug. Hoofingang gegrendel, Kugler moes deur die tweede deur weggegaan het.
Tikmasjien en optelmasjien veilig in swart kis in privaat kantoor. Miep of Bep se wasgoed l in die wasvat in die kombuis.
Sleutel vir die tweede deur het net Bep of Kugler; slot is moont-lik stukkend.
Probeer om Jan te waarsku, die sleutel te haal en na die kantoor te gaan kyk, moet die kat kos gee.
Verder het alles na wense verloop. Kleiman is gebel, die stokke teen die deure weggeneem, die tikmasjien in die kis ge-stop. Daarna het ons weer aan die tafel gaan sit en op Jan en die polisie gewag. Peter was aan die slaap, meneer Van Daan en ek het op die grond gel toe ons harde voetstappe onder hoor. Ek het saggies opgestaan: Dit is Jan! Nee, nee, s al die ander, dit is die polisie!
Toe word daar aan ons kas geklop. Miep het gefluit. Vir mevrou Van Daan het dit toe te veel geword. Sy het slap en lykwit in haar stoel gehang en as die spanning nog n minuut langer geduur het, het sy flou geval.
Met Jan en Miep se binnekoms was ons kamer n pragtige prentjie; net die tafel alleen was al n foto werd: Cinema & Theater het oopgel by dansende meisies op n bladsy besmeer met konfyt en pektien (teen diarree), twee konfytpotte, n hal-we en n kwart broodjie, pektien, spiel, kam, vuurhoutjies, as, sigarette, tabak, asbak, onderbroek, flitslig, haarkammetjie van Mevrou, toiletpapier, ensovoorts.
Jan en Miep is natuurlik met gejuig en trane begroet. Jan het die gat met n dennehoutplank toegetimmer en hy en Miep is weer gou weg om die polisie te vertel van die inbraak. Miep het onder die pakhuisdeur ook nog n briefie van die nagwag Sleegers gekry wat die gat gesien en die polisie gewaarsku het. Jan sou hom ook opsoek.
Ons het dus n halfuurtjie gehad om ons netjies te maak. Nog nooit het ek in n halfuur soveel sien verander as in daar-die een nie. Margot en ek het die beddegoed ondertoe geneem, na die toilet gegaan, ons tande geborsel en ons hare gekam. Daarna het ek die kamer nog n bietjie opgeruim en weer boontoe gegaan. Die tafel was al afgedek, ons het water getap, koffie en tee gemaak, melk gekook en die tafel vir middagete gedek. Vader en Peter het ons gemproviseerde potte leegge-maak en met warm water en bleikpoeier uitgewas. Die groot-ste een was tot bo vol en so swaar dat dit moeilik gedra kon word en boonop het die affre gelek, sodat dit in n emmer saamgeneem is.
Om elfuur het ons saam met Jan wat terug was, om die tafel gesit en dit het langsamerhand weer gesellig geword. Jan se verhaal was soos volg: By Sleegers het sy vrou vertel  want Meneer het geslaap  dat hy op sy rondte langs die gragte die gat by ons ontdek en saam met n polisieman wat hy onmid-dellik betrek het, oor die perseel geloop het. Meneer Sleegers is n private nagwag en ry elke aand met sy fiets langs die grag-te. Hy sou Dinsdag na Kugler gekom en hom dan meer daar-oor vertel het. By die polisiekantoor het hulle nog niks van die inbraak geweet nie, maar hulle het dit dadelik aangeteken met die bedoeling om ook Dinsdag te kom kyk.
Op pad terug het Jan toevallig gou by Van Hoeven, ons aartappelleweransier, langs geloop en vertel dat daar ingebreek is. Dit weet ek, het hy doodluiters ges. Ek het gisteraand saam met my vrou by u perseel verbygeloop en n gat in die deur gesien. My vrou wou al verder geloop het, maar ek het nog met die flits gelig en toe het die diewe seker die wyk ge-neem. Veiligheidshalwe het ek die polisie maar nie gebel nie, omdat ek dit in u geval nie wou doen nie. Ek weet wel niks, maar ek vermoed heelwat. Jan het hom bedank en wegge-gaan. Van Hoeven vermoed seker dat ons hier is, want hy bring die aartappels altyd na halfeen en nie na halftwee nie. Gawe man!
Nadat Jan vertrek en ons opgewas het, was dit eenuur. Al agt van ons het gaan slaap. Om kwart voor drie het ek wakker geword en gesien dat meneer Dussel al vertrek het. Heel toe-vallig het ek met my verslaapte gesig Peter wat van bo af op pad was, in die badkamer tegekom. Ons het afgespreek om mekaar onder te kry. Ek het my verfris en is toe ondertoe.
Wil jy dit nog waag om na die voorsolder toe te gaan? het Peter gevra. Ek het ingestem, my bedkussing, met n lap daar-om gedraai, gevat en ons is na die voorsolder toe. Die weer was skitterend en al het die sirenes geloei, het ons gebly waar ons was. Peter het sy arm om my skouers geslaan en ek het my arm om syne geslaan en so het ons, met die arms om mekaar, rustig gewag totdat Margot ons om vieruur vir koffie kom haal het.
Ons het ons brood geet, ons limonade gedrink en grappies gemaak; dit kon ons darem weer doen en verder het dinge weer hulle gewone gang gegaan. Ek het Peter die aand bedank omdat hy die moedigste van almal was.
Nie een van ons het ooit tevore in so n gevaar verkeer as daardie nag nie. God het ons baie beskerm; dink net daaraan: polisie voor ons draaikas, die lig wat voor die kas gebrand het en ons het nog onopgemerk gebly! Nou is ons verlore! het ek saggies op daardie oomblik ges, maar ons is weer gered. As
die Geallieerde inval met bomme kom, is dit elkeen vir hom-self, maar in di geval het ons ook gevrees vir die lot van ons onskuldige en goeie Christen-beskermers. Ons is gered, red ons verder! Dt is al wat ons kan s.
Di gebeurtenis het wel heelwat veranderinge meegebring. Dussel sit in die vervolg saans in die badkamer. Peter kontro-leer om halfnege en halftien die huis. Peter se venster mag nie meer oopgemaak word nie, omdat die man van Keg dit sien oopstaan het. Die toilet mag na halftien saans nie meer deurge-trek word nie. Meneer Sleegers is as nagwag in diens geneem. Vanaand kom n timmerman in die geheim om die nodige ver-sperrings van ons dennehoutbeddens uit Frankfurt te maak. In die Agterhuis word links en regs debat gevoer. Kugler het ons ons onversigtigheid verwyt. Jan het ook ges dat ons nooit on-dertoe mag gaan nie. Wat ons moet vasstel is of Sleegers be-troubaar is, of die honde sal begin blaf as hulle iemand agter die deur hoor, hoe om die versperrings te maak, alles en nog wat.
Ons is baie sterk daaraan herinner dat ons vasgekettingde Jode is, geketting aan n plek, sonder regte, met duisende pligte. Ons mag nie toegee aan ons gevoelens nie, ons moet moedig en sterk wees, alle ongemak verduur sonder om te kla, doen wat in ons mag is en op God vertrou. Hierdie vreeslike oorlog sal eendag tog verby wees en ons sal nie net Jode nie, maar weer mense wees!
Wie het hierdie las op ons gel? Wie het ons Jode tot n uit-sondering onder die volke gemaak? Wie het ons tot nou toe so laat ly? Dit is God wat ons so gemaak het, maar dit sal ook God wees wat ons ophef. As ons al die leed dra en daar tog nog Jode oorbly, dan sal Jode eendag van gedoemdes na voor-beelde verander. Wie weet, miskien sal dit nog ons geloof wees wat die wreld en dus alle volkere leer wat goed is en daarvoor, alleen daarvoor, moet ons ook ly. Ons kan nooit net Neder-landers of net Engelse of wat ook al wees nie; daarnaas sal ons
nog altyd Jode bly; ons sal Jode moet bly, maar ons wil dit ook bly. Wees moedig! Laat ons van ons taak bewus bly en nie kla nie. Daar sal uitkoms kom; God het ons volk nooit in die steek gelaat nie. Deur al die eeue het daar Jode bly leef, deur alle eeue heen moes Jode ly, maar deur alle eeue heen het hulle ook sterk geword. Die swakkes sal val en die sterkes sal oorbly en nooit ondergaan nie!
Daardie vreeslike nag het ek eindelik geweet dat ek moes sterwe; ek het op die polisie gewag, ek was bereid, bereid soos soldate op die slagveld. Ek wou my graag opoffer vir die va-derland, maar nou, noudat ek weer gered is, sal my eerste wens na die oorlog wees: maak my n Nederlander! Ek is lief vir die Nederlanders, ek is lief vir die land, ek is lief vir die taal en wil hier werk. En al sal ek aan die koningin self moet skryf, sal ek nie wyk voor my doel bereik is nie!
Ek word steeds onafhankliker van my ouers. So jonk soos ek is, het ek meer lewensmoed, n juister en meer ongeskonde gevoel vir wat reg is as Moeder. Ek weet wat ek wil h, ek het n doel, n mening, n geloof en n liefde. Laat my myself wees, dan is ek tevrede. Ek weet dat ek n vrou is, n vrou met inner-like sterkte en baie moed!
As God my laat leef, sal ek meer bereik as wat Moeder ooit bereik het. Ek sal nie onbeduidend bly nie; ek sal vir die wreld en vir die mense werk!
Ek weet nou dat in die eerste plek moed en blyheid nodig
is!
Anne M. Frank
Vrydag, 14 April 1944
