Liewe Kittie
Jy het my gevra wat my belangstellings en stokperdjies is en daarop wil ek jou antwoord, maar ek waarsku jou, moenie skrik nie, dis baie!
In die eerste plek: skryf, maar dit beskou ek eintlik nie as stokperdjie nie.
Nommer twee: stambome. In alle koerante, boeke en pa-piere is ek op soek na die stambome van die Franse, Duitse, Spaanse, Engelse, Oostenrykse, Russiese, Noorse en Neder-landse koninklike families. Met n hele aantal het ek al baie ver gevorder, veral omdat ek al lank uit al die biografie en geskie-denisboeke wat ek lees aantekeninge maak. Baie uittreksels uit die geskiedenis skryf ek selfs heeltemal oor.
My derde stokperdjie is dan ook geskiedenis, waaroor Vader al baie boeke vir my gekoop het. Ek kan die dag amper nie af-wag om in die Openbare Biblioteek alles uit te pluis nie.
Nommer vier is die mitologie van Griekeland en Rome. Ook hieroor het ek verskeie boeke. Die nege muses of die sewe liefies van Zeus kan ek so vir jou opnoem. Die vroue van Herakles, ensovoorts, ken ek op die punte van my vingers.
Verdere liefhebberye is filmsterre en familiefotos. Mal oor lees en oor boeke. Voel sterk oor kunsgeskiedenis, veral oor skrywers, digters en skilders. Musici kom miskien later nog. n Bepaalde antipatie het ek teen algebra, meetkunde en reken-kunde. Ek geniet al my orige skoolvakke, maar bowenal geskie-denis!
Anne M. Frank
Dinsdag, 11 April 1944
