Liefste Kittie
Dis nou al n hele tyd dat ek nie meer geweet het waarvoor ek werk nie; die einde van die oorlog is so ontsettend ver, so on-werklik, sprokiesagtig en mooi. As die oorlog nie in Septem-ber verby is nie, dan wil ek nie weer teruggaan skool toe nie, want ek wil nie twee jaar agter wees nie.
Die dae het uit Peter bestaan, uit niks anders as Peter nie, uit drome en gedagtes, totdat ek Saterdagaand so vreeslik lam-lendig gevoel het  werklik vreeslik. Ek het by Peter gesit en my trane bedwing, later uitbundig saam met Van Daan gelag toe ons suurlemoenpons gedrink het, was opgewek en opge-
Chalet/shalet of cholent (Jiddisj) is n tradisionele Joodse bredie wat vir die middagete op die sabbat voorgesit is (vgl. The book of Jewish food. An Odyssey from Samarkand and Vilna to the present day, Claudia Roden, 1999). 
wonde, maar ek was nouliks alleen toe ek besef het dat ek my nou moes uithuil. So in my naghemp het ek myself op die grond laat gly en eers my lang gebed intens gebid. Toe het ek gehuil met my kop op my arms, my knie opgetrek  op die kaal vloer  heeltemal ineengekrimp. Met n harde snik het ek weer na die werklikheid teruggekeer en my trane bedwing, omdat hulle my binne nie moes hoor nie. Toe het ek myself moed begin inpraat. Ek het niks anders ges nie as: Ek moet, ek moet, ek moet  Heeltemal styf van die ongewone hou-ding waarin ek gesit het, het ek teen die kant van die bed om-geval en verder geveg, totdat ek om kwart oor tien weer in die bed geklim het. Dit was oor!
En nou is dit heeltemal oor. Ek moet werk om nie dom te bly nie, om verder te kom, om joernalis te word, want dit wil ek wees! Ek weet dat ek kan skryf. n Paar verhaaltjies is goed, my Agterhuis-beskrywings humoristies, baie uit my dagboek spreek, maar  of ek werklik talent het, sal ons nog moet sien.
Evas droom is my beste sprokie en die snaaksste daarvan is dat ek nie weet waar dit vandaan kom nie. Baie uit Cadys leven is ook goed, maar die geheel is niks werd nie. Hieroor is ek self my skerpste en beste beoordelaar; ek weet self wat goed en wat nie goed geskryf is nie. Niemand wat nie self skryf weet hoe lekker dit is om te skryf nie. Vroer het ek dit altyd betreur dat ek glad nie kan teken nie, maar nou is ek meer as gelukkig dat ek ten minste kan skryf. En as ek geen talent het om vir boeke of vir koerante te skryf nie, kan ek nog altyd vir myself skryf. Maar ek wil verder kom; ek kan my nie voorstel dat ek sou moet leef soos Moeder en mevrou Van Daan en al die vrouens wat hul werk doen en later vergete is nie. Ek moet naas man en kinders iets h waaraan ek my kan wy! O ja, ek wil nie soos die meeste mense vir niks geleef het nie. Ek wil nuttig wees of vreugde gee vir die mense wat om my leef en my tog nie ken nie, ek wil voortlewe, ook n my dood! En daarom is ek God so dankbaar dat Hy my by my geboorte al die moontlikheid gegee het om myself te ontwikkel en om te skryf, om dus alles uit te druk wat in my is!
Deur te skryf, raak ek alles kwyt, my verdriet verdwyn, my moed herleef! Maar, en dit is die groot vraag, sal ek ooit nog iets groots kan skryf, sal ek ooit nog n joernalis en n skryfster word? Ek hoop dit, o, ek hoop dit so, want in skryf kan ek alles vasl; my gedagtes, my ideale en my fantasie.
Aan Cadys leven het ek nou lank nie meer gewerk nie; in my gedagtes weet ek presies hoe dit verder moet gaan, maar dit vlot nie lekker nie. Miskien kry ek dit nooit klaar nie en beland dit in die snippermandjie of in die kaggel. Dit is n nare gedag-te, maar dan dink ek weer: Op veertien jaar en met so weinig ervaring kan jy ook nog nie filosofie skryf nie.
Dus maar weer verder met nuwe moed; dit sal wel slaag, want dit is wat ek wil doen: skryf!
Anne M. Frank
Donderdag, 6 April 1944
