Liefste Kittie
Heeltemal teen my gewoonte in sal ek tog maar eenmaal uit-voerig vir jou skryf oor eet, want dit het nie slegs in die Agter-huis nie, maar in die hele Nederland, die hele Europa en nog verder weg n baie vername en moeilike faktor geword.
Ons het in die een-en-twintig maande wat ons hier is al heel-wat eetperiodes meegemaak; wat dit beteken sal jy dadelik hoor. Onder eetperiode verstaan ek periodes waarin n mens niks anders te ete kry nie as n bepaalde gereg of n bepaalde groente. n Tyd lank het ons niks anders gehad om te eet as andyvie nie; met sand, sonder sand, as bredie, gekook of in n vuurvaste bak gaargemaak. Toe was dit spinasie en daarna het gevolg: raapkool, hawerwortels, komkommers, tamaties, suur-kool, ensovoorts, ensovoorts.
Dit is werklik nie lekker om elke middag en elke aand by-voorbeeld suurkool te eet nie, maar n mens doen baie dinge as jy honger is. Nou het ons egter die ergste tyd, want ons kry ab-
soluut geen groente nie. Ons middagspyskaart vir die week be-staan uit bruinbone, ertesop, aartappels met kluitjies, aartap-pelchalet* en deur die genade Gods nogmaals raapstele of sleg-te wortels en dan maar weer bruinbone. Aartappels eet ons by elke maaltyd, om mee te begin by ontbyt weens gebrek aan brood, maar dan is hulle darem nog n bietjie gebak. Vir sop neem ons bruin- en witbone, aartappels en groente uit pakkies, bruinbone uit pakkies. In alles kom bruinbone en nie in die ge-ringste mate nie, in brood. Saans eet ons altyd aartappels met nagemaakte sous  dit het ons gelukkig nog  en beetslaai. Oor die kluitjies moet ek nog vertel: Ons maak dit van regerings-meelblom met water en suurdeeg. Hulle is so klewerig en taai dat hulle soos klippe in jou maag l, maar nou ja!
Die grootste aantrekkingskrag op die spyskaart is die week-likse snytjie lewerwors en die konfyt op dro brood. Maar ons leef nog en dit is selfs dikwels lekker!
Anne M. Frank
Woensdag, 5 April 1944
