Liewe Kittie
Nadat Peter my oor sy ouers vertel het, voel ek n bietjie ver-antwoordelik vir hom; dink jy dit is snaaks? Dis asof die rusies my net soveel raak as vir hom en tog durf ek nie meer met hom daaroor praat nie, want ek is bang dat hy dit nie aangenaam
vind nie. Vir geen geld in die wreld sal ek nou onsensitief wil wees nie.
Aan Peter se gesig kan ek sien dat hy net soveel dink as ek, en gisteraand het ek my dan ook vererg toe Mevrou spottend ges het: Die denker! Peter het as gevolg daarvan rooi en verle geword en ek wou ontplof.
Laat die mense tog hulle monde hou! Jy kan jou nie voor-stel hoe naar dit is om magteloos toe te kyk hoe eensaam hy is nie, asof ek self meegemaak het hoe wanhopig hy tydens die rusies moet wees. En in die liefde. Arme Peter, hoe het hy nie liefde nodig nie!
Hoe hard het dit nie in my ore geklink toe hy ges het hy het nie vriende nodig nie. O, hoe vergis hy hom nie! Ek glo dat hy die woorde glad nie bedoel nie. Hy klou aan sy manlikheid, sy eensaamheid en sy gemaakte onverskilligheid vas om net nie aansien te verloor nie, om nooit, nooit sy gevoelens te wys nie. Arme Peter, hoe lank kan hy hierdie rol nog volhou, en sal daar op die bomenslike inspanning geen verskriklike uitbarsting volg nie?
O, Peter, mog ek jou maar, kon ek jou maar help! Tesame sal ons ons albei se eensaamheid verdryf!
Ek dink baie, maar s nie veel nie. Ek is bly as ek hom sien en as die son daarby nog skyn. Toe ek gister my hare gewas het, het ek geweet hy is in die kamer langsaan. Ek was uitge-late en ek kon niks daaraan doen nie; hoe stiller en ernstiger ek van binne is, des te luidrugtiger is ek van buite! Wie sal die eer-ste wees om di pantser te ontdek en daardeur te breek?
Dit is tog goed dat die Van Daans nie n dogter het nie. My verowering sou dan nooit so moeilik, so mooi en so spesiaal gewees het as dit nie die ander geslag was wat ek wou aantrek nie!
Anne M. Frank
Ns. Jy weet dat ek alles eerlik aan jou skryf en daarom moet ek ook vir jou s dat ek eintlik van die een ontmoeting na die an-
der leef. Ek hoop steeds dat hy ook so op my wag en ek is op-geto in myself as ek sy klein, verle poginkies opmerk. Hy sou, dink ek, o so graag net soos ek homself in woorde wou uitdruk; hy weet ook nie dat juis so n onbeholpenheid my so tref nie.
Dinsdag, 7 Maart 1944
