Liefste Kittie
En tog is alles nog so moeilik; jy weet seker wat ek bedoel, n? Ek verlang so na n soen van hom, die soen wat so lank uitbly. Sou hy my nog altyd as n maat beskou; is ek dan niks meer nie?
Jy weet en ek weet dat ek sterk is, dat ek die meeste laste
wel alleen kan dra. Ek was nooit daaraan gewoond om my laste met iemand anders te deel nie en aan Moeder was ek nooit geheg nie, maar nou sou ek so graag met my kop teen sy skouer wou aanleun en net rustig wil wees.
Ek kan nie, ek kan nooit die droom van Peter se wang vergeet toe alles so goed was nie! Sou hy nie ook daarna verlang nie? Sou hy net maar te skaam wees om sy liefde te beken? Waarom wil hy my so dikwels by hom h? O, waarom praat hy nie?
Laat ek ophou, laat ek rustig wees. Ek sal weer sterk wees en met n bietjie geduld sal daardie ander ook kom, maar  en dit is die ergste; dit lyk baie of ek agter hom aanloop. Altyd is dit ek wat moet boontoe gaan; nie hy wat na my toe kom nie. Maar dit is as gevolg van die kamerindeling en hy begryp die beswaar wel. O ja, hy sal wel meer begryp.
Anne M. Frank
Maandag, 3 April 1944
