Liewe Kittie
Dit is nog taamlik koud en dan moet jy onthou dat die meeste mense al ongeveer n maand lank sonder steenkool sit. Onple-sierig, n? Oor die Russiese front is die algemene stemming weer optimisties, want wat daar gebeur is wonderlik! Ek skryf wel nie veel oor die politiek nie, maar ek moet jou tog inlig oor waar hulle nou staan. Hulle is naby die Poolse grens en het die Proeth naby Roemeni bereik. Tarnapol is deur hulle omsingel
* Verdeling van lewensmiddele in krisistyd deur die staat gerel.
en hulle is digby Odessa. Hier verwag die Russe elke aand n ekstra communiqu van Stalin.
In Moskou skiet hulle soveel saluutskote dat die stad elke dag moet dreun. Of dit nou vir hulle pret is om te maak asof die oorlog in die buurt is en of hulle nou geen ander manier het om uiting te gee aan hulle vreugde nie, weet ek nie.
Hongarye is deur die Duitsers beset. Daar is nog n miljoen Jode wie se lot ook nou versel is.
Hier gebeur niks besonders nie. Meneer Van Daan verjaar vandag. Hy het twee pakkies tabak gekry, koffie wat sy vrou ge-bre het vir een koppie, suurlemoenpons van Kugler, sardiens van Miep, eau de cologne van ons, twee takke seringe en tulpe. Ek moenie die framboostert vergeet nie; n bietjie klewerig as gevolg van die slegte meel en die afwesigheid van botter, maar tog lekker.
Die geklets oor my en Peter het n bietjie bedaar. Hy kom my vanaand haal. Dis tog gaaf van hom, omdat hy dit self so onaangenaam vind! Ons is baie goeie vriende, dikwels by me-kaar en ons praat oor alle moontlike onderwerpe. Dit is tog heerlik dat ek my nie altyd hoef in te hou soos by ander seuns as ons op gevaarlike terrein kom nie. So het ons byvoorbeeld gepraat oor bloed waarby menstruasie ter sprake kom. Hy dink ons vrouens is taai, omdat ons die bloedverlies sommerso verduur. Hy dink ek is ook taai. Waarom sou dit wees?
My lewe hier het beter geword, veel beter. God het my nie alleen gelaat nie en sal my nie alleen laat nie.
Anne M. Frank
Saterdag, 1 April 1944
