Liewe Kittie
Gisteraand het minister Bolkestein oor die Oranje-sender ge-praat en ges dat daar na die oorlog n insameling van dag-boeke en briewe uit hierdie oorlog gehou sal word. Natuurlik sal almal direk op my dagboek afstorm! Dink net daaraan hoe interessant dit sal wees as ek n roman oor die Agterhuis sou uitgee. Die titel sal mense laat dink dat dit n speurverhaal is.
Maar nou in alle erns, tien jaar na die oorlog sal dit al vir mense snaaks wees as jy vertel hoe ons as Jode hier geleef, geet en gepraat het. Al vertel ek jou baie oor ons, weet jy tog maar n klein bietjie van ons lewens af. Hoeveel angs die dames het as daar gebombardeer word, byvoorbeeld Sondag toe drie-honderd-en-vyftig Engelse vliegtuie n halfmiljoen kilo bomme op Ijmuiden gegooi het; hoe die huise dan tril soos grassprie-tjies in die wind, hoeveel epidemies hier heers.
Van al die dinge weet jy niks nie en ek sou die hele dag moet skryf as ek jou alles in die fynste besonderhede moet vertel. Die mense moet toustaan vir groente en alle moontlike ander dinge. Die dokters kan nie by die siekes uitkom nie omdat hulle voer-tuie al om die hawerklap gesteel word. Inbrake en diefstalle is volop sodat jy jou moet afvra wat die Nederlanders besiel dat hulle meteens so stelerig geword het. Jong kinders van agt tot elf jaar slaan die ruite van huise uit en steel los en vas. Niemand durf vir vyf minute sy huis alleen agterlaat nie, want as jy weg is, is jou goed ook weg. Elke dag staan daar in die koerant ad-
vertensies met die belofte van beloning vir die terugbesorging van gesteelde tikmasjiene, Persiese matte, elektriese horlosies, materiale, ensovoorts. Elektriese straathorlosies word gede-monteer en die telefone in telefoonhokkies tot op die laaste draad uitmekaar gehaal.
Die stemming onder die bevolking kan nie goed wees nie. Almal is honger; met die weekrantsoen kan jy nie langer as twee dae uitkom nie, behalwe met koffiesurrogaat. Die Geal-lieerde inval laat lank op hom wag, die mans moet na Duits-land gaan, die kinders is siek of ondervoed en almal het verslete klere en skoene. n Sool kos 7,50 gulde in die sluikhandel. Daarby neem die skoenmakers nie nuwe klante aan nie, be-halwe as jy bereid is om vier maande op jou skoene te wag, wat intussen dikwels verdwyn het.
Een goeie ding hiervan is dat die sabotasie teen die ower-heid steeds sterker word namate die kos slegter en die maat-rels teen die volk strenger word. Die distribusiediens*, die polisie, die amptenare, alles en almal werk saam om die mede-burgers te help of te verklik en hulle daardeur in die tronk te laat sit. Gelukkig is maar n klein persentasie van die Nederlan-ders aan die verkeerde kant.
Anne
Vrydag, 31 Maart 1944
