Meer as vyftig inwoners van 'n Kaapse tehuis wat omsien na weeskinders wat aan ongeneeslike siektes ly, is vandeesweek die ontvangers van 'n eerste skenking kinder-laslapkomberse - die jongste projek van die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds. Premiersvrou Suzette van Schalkwyk en haar komiteelede oorhandig vanoggend (Dinsdag, 3 Februarie 2004) di komberse by die Nazareth-tehuis in Vredehoek, Kaapstad.
Kaapstad se Werkskeppingsgroepe en die Premier's Vrou se Liefdadigheidsfonds Span saam om Kinders van Lappieswerkkomberse te Voorsien
Di projek is sowat ses maande gelede as 'n inisiatief van mev. Van Schalkwyk begin. Die komberse word deur Wes-Kaapse werkskeppingsgroepe soos die Chrysalis Akademie in Tokai en die Christenvroue Aksiegroep in Eersterivier vervaardig. Di groepe word deur die Premiersvrou Liefdadigheidsfonds vergoed met geld wat by fondsinsamelingsfunksies gen word, terwyl die materiaal vir die komberse meestal deur skenkings verkry word. Materiaal is onder meer reeds deur 'n bekende Kaapse klere-ontwerper en 'n voorste kinderklerewinkel geskenk.
Die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds het ook 'n samewerkingsooreenkoms met die naaimasjiengroep, Elna, en die kinderklerewinkel, Keedo, wat op die oomblik 'n kompetisie aanbied vir die mees indrukwekkende kombers. Deelnemers kry hiermee die geleentheid om hul inskrywings vir liefdadigheid te skenk, asook 'n Elna Funstyler-naaimasjien of 500 Keedo-koopbewyse los te slaan. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2004.
Ons het besluit om komberse te maak, omdat dit nie net 'n praktiese doel dien nie, maar kinders dikwels ook 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit gee - soveel te meer wanneer hulle siek en behoeftig is. Terselfdertyd word broodnodige werk verskaf aan groepe wat besig is om hulself en ander rondom hulle te bemagtig. Ons beplan om die komberse in die toekoms aan nog kinderhuise te skenk, asook plekke wat omsien na jong Vigslyers, n die skenkings na die Wes-Kaapse platteland uit te brei," s die Premiersvrou.
Enige werkskeppingsgroepe wat betrokke wil raak, of mense wat materiaal, vulsel of komberse wil skenk, of 'n kombers teen R50 wil borg, kan mev. Jorietha Henn by tel. 483 4705/6 skakel.
