In die volgende twee jaar gaan ons ons Plattelandse Onderwys Plan finaliseer.
Lede van my senior personeel, Sindi Shayi en andere Gaste
As die Wes-Kaapse Regering het ons 'n Grondwetlike verantwoordelikheid teenoor al ons kinders, insluitende die sowat 20% van ons leerders hier op die platteland.
Ons het nog 'n lang pad om te loop indien ons van die Wes-Kaap 'n Leer Tuiste vir al ons Kinders wil maak. Maar ons is vasbeslote om dit te doen.
Ons is vasbeslote om 'n einde te bring aan die paar apartheid praktyke wat nog leef.
Met hierdie program van die Premier se 100 dae depositos, wil ons 'n duidelike boodskap stuur van ons verbintenis tot ons gemeenskappe, selfs hier in die verste hoek van die provinsie.
Toe die Premier ges het ons moet voor 5 September ten minste ses van die twaalf skole sonder krag, van elektrisiteit voorsien, het ek dit as my doelwit gestel om nie ons gemeenskappe teleur te stel nie.
Baie van ons skole op die platteland het nie eers ordentlike basiese geriewe nie, en tog is daar andere wie meen hulle het nie genoeg rekenaars nie.
Laastens, baie dankie aan Eskom en alle ander rolspelers wie dit moontlik gemaak het vir ons kinders hier om nou 'n beter kwaliteit opvoeding te kan ontvang.
Net verlede week in Lamberts Baai is ek en my gevolg met trompoppies in die dorp begelei, en dit laat 'n mens nederig voel.
Ek is tans in gesprek met my kollega Marius Fransman, die LUR vir Plaaslike Regering en Behuising, om te kyk na die moontlikheid van 'n spesiale toegewing vir skole, wat betref die betaling van munisipale dienste soos water, elektrisiteit en ander heffings. Dit behoort baie druk van veral ons plattelandse skole te haal.
Baie dankie vir die uitnodiging na hierdie geleentheid. Dit is vir my altyd 'n voorreg om gemeenskappe op die platteland te besoek omdat die mense van die platteland 'n mens altyd so warm ontvang.
Indien ons die bou van 'n skole hierdeur kan versnel, sal ons honderd duisende rand kan bespaar wat betref vervoergeld van kinders.
Die tekort aan geld en die effektiewe gebruik van ons skaars bronne, is van die grootste uitdagings wat ons almal in die gesig staar.
Nog 'n opsie waarna ons Wes-Kaapse Regering op die oomblik kyk, is die moontlike verkoop van skool- en staatsgrond om geld in te samel. Hierdie geld wil ons dan gebruik waar die nood groot is vir ekstra klaskamers of selfs 'n bykomende skool.
Ons kan nie 'n situasie aanvaar waar leerders verby sekere skole vervoer word na 'n ander dorp, nie.
Donderdag gaan ons na die Rhebosfontein Primre Skool in Darling aan die Weskus, om hulle krag ook aan te skakel. Dit sal die aantal skole met elektrisiteit dan op nege uit twaalf te staan bring.
In die laaste 10 jaar het ons departement sekere skole op die platteland amalgameer om 'n eweredige verspreiding van ons bronne teweeg te bring.
