In lyn met die gees en doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe, en spesifiek di van ons Wes-Kaap se premier, premier Ebrahim Rasool, word met die proses beoog om die plaaswerkergemeenskap te ondersteun om beheer oor hul eie lewens en toekoms te neem sodat hulle as demokratiese agente die Wes-Kaap help omskep in 'n tuiste ook vir die plaaswerkergemeenskap. Die einddoel is dus: Plaaswerkers in Handeling.
Vir die eerste keer word die ruimte geskep vir die plaaswerkergemeenskap om self in dialoog te tree met rolspelers in Landbou, en langs di weg, mede-vennote te word in die bepaling van die toekoms van Landbou. Vir baie lank is daar OOR, VAN en VIR plaaswerkers gepraat.
Die doel van die indaba is daarom om in die gees van versoening, die gesprek te begin tussen die plaaswerkergemeenskappe en die onderskeie Owerheidstrukture, NRO's, Georganiseerde Landbou en andere, ten einde die gaping tussen die aanbod van die diensverskaffers en diensgebruikers te bepaal. Staatsdepartemente sal die geleentheid h om hul beleidsraamwerke en dienste bekend te stel. Die plaaswerkergemeenskap aan die ander kant, sal hul behoefte aan dienste asook hul knelpunte uitspreek. Hierna sal prosesse volg om die gaping met behulp van goeie kommunikasie deurlopend te vernou.
n Historiese moment in die lewe van die plaaswerkergemeenskap vind op 17 en 18 Augustus 2004 plaas.
As minister van landbou, het ek besluit om die inisatief te neem om 'n plaaswerkerindaba vir 17 en 18 Augustus te Elsenburg te rel, met die doel dat die plaaswerkergemeenskap na vore kom om self MET belanghebbendes in gesprek te tree. Die indaba sal die vertrekpunt wees van 'n groter proses in belang van die plaaswerkergemeenskap.
Die program van die indaba spreek vanself. Onderwerpe soos: landelike onderwys; ekonomiese bemagtiging; geweld en veiligheid; maatskaplike strukture en sportfasiliteite; die waarde van arbeidswetgewing; behuising; gesondheidskwessies; vroue; kinders en persone met gestremdhede, sal onder die loep geneem word.
Sel: 084 6046701
Vandaar die tema van die indaba: Plaaswerkers in Dialoog.
Plaaswerkers in Dialoog
