Liefste Kittie
Ek sou oor die politiek nog veel meer kon skryf, maar ek het vandag eers n hele klomp ander dinge om oor te berig. Ten eerste het Moeder my verbied om boontoe te gaan, omdat mevrou Van Daan jaloers is. Ten tweede het Peter Margot saam met my uitgenooi om boontoe te kom, of dit uit beleefd-heid of sy eerlike bedoeling is, weet ek nie. Ten derde het ek Vader gevra of ek my aan die jaloersheid moet steur en hy dink nie so nie.
Wat nou? Moeder is kwaad, wil my nie boontoe laat gaan nie en wil h dat ek weer hier binne by Dussel moet werk; sy is miskien ook jaloers. Vader gun my en Peter die uurtjies saam en is bly dat ons so goed met mekaar oor die weg kom. Margot hou ook van Peter, maar voel dat twee veel beter met mekaar kan gesels as drie.
Verder dink Moeder dat Peter op my verlief is en eerlik ges wens ek dat dit waar was. Dan is ons gelykop en kan ons mekaar veel beter bereik. Sy s dat hy baie na my kyk. Nou ja, dis waar dat ons in die geselskap meer as een keer vir mekaar knipoog en dat hy na die kuiltjies in my wange kyk, maar daar-aan kan ek tog niks doen nie! Of hoe?
Ek bevind my in n baie moeilike situasie. Moeder is teen my en ek is teen haar. Vader sluit sy o vir die stille stryd tussen
my en Moeder. Moeder is verdrietig, omdat sy nog vir my lief is; ek is glad nie verdrietig nie, omdat sy nie meer vir my tel nie.
En Peter  Peter wil ek nie opgee nie; hy is so beminlik en ek bewonder hom so. Daar kan so iets moois tussen ons ont-staan; waarom steek die oues weer hulle neuse in ons sake? Ge-lukkig is ek daaraan gewoond om my innerlike te verberg en ek slaag dan ook uitstekend daarin om nie te wys hoe dol ek oor hom is nie. Sal hy ooit iets s? Sal ek ooit sy wang voel soos wat ek Petel se wang in my droom gevoel het? O, Peter en Petel, julle is dieselfde! Hulle begryp ons nie, sal nooit snap dat ons al tevrede is om maar net by mekaar te sit en te praat nie. Hulle begryp nie wat ons so na mekaar toe aantrek nie! O, wanneer sal al die moeilikhede oorwin wees? En tog is dit goed om hulle te oorwin, want dan is die einde des te mooier. As hy met sy kop op sy arms l met sy o toe, dan is hy nog n kind. As hy met Mouschi speel of oor hom praat, is hy liefde-vol. As hy aartappels of ander swaar dinge dra, is hy sterk. As hy tydens geweervuur gaan kyk wat gebeur of ondersoek gaan instel na diewe in die donker, is hy moedig en as hy so onhan-dig en onbeholpe optree, is hy juis dierbaar. Ek geniet dit baie meer as hy iets vir my uitl as wanneer ek hom iets moet leer. Ek sou so graag wou h dat hy in alles my meerdere moet wees! Wat gaan die baie moeders my aan? O, as hy maar iets wou s!
Vader s altyd dat ek uitsoekerig is, maar ek is maar net ydel! Ek het nog nie van mense gehoor wat dink ek is mooi nie, behalwe van C.N. wat ges het dat ek oulik lyk as ek lag. Gister het ek n opregte kompliment van Peter gekry en ek sal vir die aardigheid ons gesprek min of meer weergee:
Peter s dikwels: Lag n bietjie! Dit het my opgeval en gister het ek gevra: Waarom moet ek tog altyd lag?
Omdat dit oulik is. Jy kry dan altyd kuiltjies in jou wange! Waar kom dit eintlik vandaan?
Ek is daarmee gebore. Daar is ook een in my ken. Dit is die enigste bietjie skoonheid wat ek besit.
Nee, dit is nie waar nie!
Ja, dit is waar, ek weet dat ek nie n mooi meisie is nie; dat ek nooit was nie en nooit sal word nie.
Dit dink ek glad nie. Vir my is jy mooi. Dit is nie waar nie.
As ek dit s, kan jy dit aanvaar!
Ek het toe natuurlik dieselfde van hom ges. Anne M. Frank
Woensdag, 29 Maart 1944
