Liefste Kittie
Van gister af is die weer buite heerlik en is ek weer heeltemal opgekikker. My skryfwerk wat vir my die belangrikste is wat ek het, vorder goed.
Ek gaan omtrent elke oggend na die solder om die bedom-pige kamerlug uit my longe te laat waai. Vanoggend toe ek weer soontoe is, was Peter aan die opruim. Van my lieflings-plekkie op die grond af het ek na die blou hemel gekyk, na die kaal kastaiingboom aan wie se takke klein druppeltjies geskit-ter het, na die meeue en die ander vols wat in hul vlug silwer gelyk het. Dit het my en Peter aangegryp en ontroer sodat ons nie kon praat nie. Hy het met sy kop teen die dik balk aange-leun gestaan, terwyl ek gesit het. Ons het die lug ingeasem, na buite gekyk en gevoel dat dit nie iets was om met woorde te onderbreek nie. Ons het lank na buite gekyk en toe hy hout moes gaan kap, het ek geweet dat hy n gawe ou is. Hy het met die trap na die bosolder opgeklim, ek het hom gevolg en ge-durende die kwartier wat hy hout gekap het, het ons weer nie n woord gepraat nie. Ek het van my staanplek af na hom ge-kyk, hoe hy sigbaar sy bes gedoen het om goed te kap om my sy krag te laat sien. Maar ek het ook uit die oop venster oor n groot stuk van Amsterdam uitgekyk, oor die dakke tot aan die horison wat so n ligte blou was dat die skeiding tussen lug en land byna onsigbaar was.
Solank dit nog bestaan, het ek gedink, en ek dit mag be-leef, di sonskyn en di hemel waarin daar geen wolk is nie, so lank kan ek nie treurig wees nie.
Vir elkeen wat bang, eensaam of ongelukkig is, is die beste teenmiddel om na buite te gaan, rens waar hy heeltemal alleen kan wees, alleen met die natuur en God. Want eers dan, slegs dan voel n mens dat alles is soos dit moet wees en dat God mense in die eenvoudige en mooi natuur gelukkig wil sien.
Solank dit bestaan, en dit sal wel altyd daar wees, weet ek dat onder watter omstandighede ook al, daar n troos vir elke
verdriet is. En ek glo vas dat by alle ellende die natuur baie daarvan kan wegneem.
O, wie weet, miskien duur dit nie meer lank voordat ek die oorstelpende geluksgevoel met Peter kan deel nie.
Anne
Ns. Gedagtes: Aan Peter
Ons mis hier baie, so baie, en al vir n lang tyd en ek mis dit ook, net soos jy. Jy moenie dink dat ek dit oor uiterlike dinge het nie, want daarvan is ons hier uitstekend voorsien. Nee, ek bedoel die innerlike dinge. Ek verlang net soos jy na vryheid en lug, maar ek glo dat ons vir hierdie ontberinge ruimskoots vergoeding gekry het. Ek bedoel vergoeding van binne. Toe ek vanmre voor die venster gesit en uitkyk het en eintlik diep in God en die natuur gekyk het, was ek gelukkig, niks anders as gelukkig nie. En Peter, solank daar di geluk van binne is, di geluk oor die natuur, gesondheid en nog baie meer, solank n mens dit met jou saamdra, sal n mens altyd weer gelukkig word.
Rykdom, aansien, alles kan n mens verloor, maar geluk in die eie hart kan alleen versluier word en sal jou altyd so lank jy leef, weer gelukkig maak. Probeer ook om, wanneer jy weer alleen en ongelukkig of verdrietig is, op die bosolder buitentoe te kyk. Nie na die huise en die dakke nie, maar na die hemel. Solank jy onbevrees na die hemel kan kyk, so lank weet jy dat jy suiwer is van binne en dat jy weer gelukkig sal word.
Sondag, 27 Februarie 1944
