Aan die wenners wil ek s, julle het nou gewys wat in julle steek. Dit is julle verantwoordelikheid om julle mede werkers aan te spoor om ook na die beste te strewe, om wenners te word. Baie dankie aan al die borge en persone wie 'n bydrae gelewer het om van die kompetisie 'n sukses te maak. Nogmaals baie geluk aan die wenners. Mag dit die begin wees van nog groter dinge vir julle binne die tuiste vir almal.
Wat ons in Landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die Land.
Ons wil h dat u gebruik moet maak van die wye verskeidenheid van opleidingsprogramme wat ons op Elsenburg aanbied. Hierdie kursusse wissel vanaf kort vaardigheidskursusse tot 'n Sertifikaatkursus in Landbou (NKR vlak 1), 'n Diploma in Landbou en die graad B.Agric. Areas van spesialisasie in hierdie programme strek vanaf Diereproduksie, Plantproduksie, Landboubesigheidsbestuur, Huishoudkunde, Keldertegnologie, Gemeenskap- en Landbouvoorligting tot Hulpbronbenutting. In hierdie verband wil ek dit onomwonde stel dat Elsenburg 'n toonaangewende landbou-onderwys en -opleidingsinstituut in die land is.
Toe ek verlede jaar hier by u was, was ons nog besig om 'n strategiese plan vir plaaswerkers op te stel. Daardie program is in Desember deur die Wes-Kaapse Kabinet goedgekeur. Die program bevat prakties uitvoerbare prosesse wat werklik die kwaliteit van lewe van plaasweker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons ges het dat u as plaaswerkers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil h dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem. Ons wil h dat u saam met ons moet hoop h vir die toekoms. Die President het vroer die jaar tydens die opening van die parlement daarna verwys toe hy ges het dat ons nou na die eerste tien jaar van die nuwe Suid-Afrika 'n nuwe seisoen van hoop binnegaan.
Dit is nie net die Regering se plig om na u om te sien nie, maar ons het elke produsent en elke besigheid wat 'n voordeel uit Landbou en sy werkers trek, se samewerking nodig om na u en u 1.5 miljoen afhanklikes se totale welstand om te sien.Daarom wil ek ook dan sommer nou vir Sanlam wat die hoof borg van ons kompetisie vir plaaswerkers is, baie dankie s. So ook vir Paarlberg BMW en Kaap-Agri, Pakmateriaal, vir u bydrae. Die Produsente wat aan hulle werkers die geleentheid gebied het om deel te neem, is 'n voorbeeld vir hulle ander kollegas. Ek glo hulle doen dit nie om net te spog met hulle plase nie, maar hulle doen dit omdat hulle daartoe verbind is om aan u ook die geleentheid te bied om u magic aan ander ten toon te stel.
Navrae:
Die groot vraag is egter, hoeveel van die 202 949 permanente werknemers op Wes-Kaapse plase is bewus van die belangrikheid wat hierdie afdelings in die sukses van die boerdery-aktiwiteite speel en dus ook in die sukses van u plaas en watter rol dit in die provinsie se ekonomie speel.
Die terugvoer wat ek gekry het van die beoordelingspaneel is dat die 122 deelnemers aan die kompetisie baie bewus is van die aspekte wat ek nou genoem het.
Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55% en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutel areas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap. U as werkers het 'n baie groot aandeel in hierdie proses
Dit is egter nie net omdat u 'n belangrike bydrae lewer tot die ekonomie van die Wes-Kaap, dat ons na u wil omsien nie, maar ook omdat ons glo dat u volwaardige burgers van hierdie Provinsie en die land is dat u geregtig is daarop om ook as gelykes behandel te word.
Ek hoor terloops daar was 'n vraag waar u moes s wat u aan Cobus Dowry sou s indien u die geleentheid kry. So die van u wat dalk gewag het vir daardie geleentheid kan dit gerus maar kom doen terwyl ek nou vanaand hier is.
Ek glo dat die feit dat daar verlede jaar 44 inskrywings vir die kompetisie was en vanjaar 122, is 'n bewys dat u ernstig is oor u eie prestasie en bydrae tot u plaas se sukses.
Baie van u weet dat plaaswerker aangeleenthede een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap is. Dit is juis onder die Subprogram, plaaswerkerontwikkeling dat ons ook n bydrae lewer tot die kompetisie. Die doel van die spesifieke program in die Departement is egter baie meer as net kompetisies. Ons het hierdie afdeling ingestel met die spesifieke doel om dienste, veral sosio-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te kordineer.
Bergrivier Plaaswerkers Vereer
Ek weet daar is baie produsente wat gebruik maak van die fasiliteite en opleidingsprogramme wat op Elsenburg aangebied word. Hier is selfs 'n paar van u aan wie ek verlede jaar sertifikate oorhandig het na die voltooiing van die modulre kursus in wingerdbou.
As ons wil h dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas.
Ons wil ook h dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees. 'n Goed toegeruste werker kan 'n positiewe bydrae lewer tot die aktiwiteite op die plaas.
Aan die deelnemers wil ek s baie dankie dat julle deelgeneem het. Ek glo dat die kompetisie vir julle elkeen van besondere waarde was en dat julle elkeen 'n rol te speel het op die plase waar julle werk en in die gemeenskappe waar julle woon, ook om 'n positiewe beeld van Landbou onder ons mense te kweek.
As minister is ek nie net baie ernstig oor die welstand van alle plaaswerkers en die bevordering van u lewensomstandighede nie. Ek en die Regering wil h dat u ook beter toegerus moet wees deur middel van opleidingsprogramme wat ons by die Departement aanbied. Ek kan u ook die versekering gee dat die produsente van hierdie streek net soos ons wil h dat u beter opgelei moet word. U weet dat hulle s kennis is mag. Wanneer jy toegerus is met kennis kan jy soveel meer bydra tot die sukses van die boerdery waarby jy betrokke is. Meer nog, jy kan jouself beter laat geld in die werkplek en jy kan vir jouself 'n beter toekoms uitkap. Ook hier is dit verblydend om te verneem dat daar baie van u is wat aan die kompetisie deelgeneem het, wat graag meer wil bereik as net die huidige posisie waarin u op die plaas is. Daar is reeds van u wat van verlede jaar af tot nou toe, groot vordering in u werk gemaak het.
Tel: 021 483 4930
Op 'n meer ernstiger noot wil ek namens die Departement van Landbou weereens beklemtoon hoe belangrik hierdie kompetisie vir ons as departement is. Hierdie kompetisie is 'n bewys dat produsente en privaat instansies ook aan u as plaaswerkers erkenning wil gee vir die bydrae wat u lewer om landbou in stand te hou en so ook n groot bydrae lewer tot die ekonomie van die Provinsie. Ek glo ook dit dra aan u as plaaswerkers 'n boodskap oor dat u 'n integrale deel is van Landbou en dat die bydrae wat u lewer, nie ongesiens verbygaan nie.
