Liewe Kittie
Vanaf Sondagmre tot nou lyk na n afstand van jare. Daar het soveel gebeur dat dit lyk of die hele wreld meteens omgedraai het, maar Kittie, soos jy sien, leef ek nog, en dit is die hoof-
saak, s Vader. Ja, inderdaad, ek leef nog, maar vra nie waar en hoe nie. Ek dink dat jy my vandag glad nie verstaan nie, daar-om sal ek maar begin om jou te vertel wat Sondag gebeur het.
Om drieuur (Hello het vir n rukkie weggegaan met die be-doeling om later terug te kom) het iemand die deurklokkie ge-lui. Ek het dit nie gehoor nie, omdat ek lui in n dekstoel op die veranda in die son gel en lees het. n Rukkie later het Mar-got in n opgewonde toestand in die kombuisdeur verskyn. Daar het n oproep vir Vader van die SS gekom, het sy ge-fluister. Moeder is reeds na meneer Van Daan toe. (Van Daan is n goeie kennis en n vennoot in Vader se firma.)
Ek het vreeslik geskrik; n oproep, almal weet wat dit bete-ken. In my gees het ek konsentrasiekampe en eensame selle sien opdoem, en moes ons Vader daarheen laat gaan? Hy gaan natuurlik nie, het Margot aan my verduidelik toe ons later in die kamer op Moeder gesit en wag het. Moeder is na Van Daan om te vra of ons mre na ons skuilplek kan vertrek. Die Van Daans gaan saam met ons daar skuil. Ons sal dus sewe stuks daar wees. Stilte. Ons kon nie meer praat nie; die ge-dagte aan Vader wat niksvermoedend in die Joodse hospitaal op besoek was, die gewag op Moeder, die warmte, die span-ning, dit alles het ons laat swyg.
Skielik het die klokkie weer gelui. Dit is Hello, het ek ge-s. Moenie gaan oopmaak nie, het Margot gekeer, maar dit was oorbodig, want ons het Moeder en meneer Van Daan onder met Hello hoor praat. Toe kom hulle binne en maak die deur agter hulle toe. Elke keer wanneer die klokkie gelui het, moes Margot en ek nou saggies ondertoe gaan om te sien of dit Vader was, ander mense kon ons nie laat inkom nie. Margot en ek is uit die kamer uitgestuur; meneer Van Daan wou alleen met Moeder praat.
Toe ek en Margot in ons kamer sit, het sy my vertel dat die oproep nie vir Vader nie, maar vir haar bedoel was. Ek het op-nuut geskrik en begin huil. Margot is sestien; sulke jong mei-sies wil hulle dus alleen laat weggaan, maar gelukkig sal sy nie
gaan nie. Moeder het self so ges en daarop sou Vader se woorde ook betrekking gehad het toe hy met my oor onder-duik gepraat het. Onderduik, waar sou ons gaan onderduik, in die stad, op die platteland, in n huis, in n hut, wanneer, hoe, waar ? Dit was van die vele vrae wat ek wou vra en nie kon stel nie en wat maar steeds teruggekom het.
Margot en ek het begin om die nodigste in n skooltas te pak. Die eerste wat ek daarin gestop het, was di gebonde dag-boek, daarna krulpenne, sakdoeke, skoolboeke, n kam, ou briewe; ek het aan wegkruip gedink en het om di rede die grootste onsin in die tas gestop, maar ek is nie jammer daaroor nie, ek gee meer om vir herinneringe as vir rokke.
Om vyfuur het Vader eindelik tuisgekom. Ons het dadelik vir meneer Kleiman gebel en gevra of hy nog dieselfde aand sou kom. Van Daan is weg om Miep te gaan haal. Miep het ge-arriveer, beloof om later die aand weer terug te kom en n klompie skoene, rokke, baadjies, onderklere en kouse in n tas met haar saamgeneem. Daarna was dit stil in ons huis; nie een van ons vier wou iets eet nie, dit was nog warm en alles was baie vreemd.
Ons boonste kamer het ons verhuur aan n sekere meneer Goldschmidt, n geskeide man van in die dertig, wat di aand skynbaar niks te doen gehad het nie; daarom het hy tot om tienuur by ons bly ronddrentel en ons kon hom met geen skimpe wegkry nie.
Om elfuur het Miep en Jan Gies gekom. Miep is vanaf 1933 by Vader in diens en het n intieme vriendin geword, net soos haar splinternuwe eggenoot Jan. Weer het skoene, kouse, boe-ke en onderklere in Miep se tas en Jan se diep sakke verdwyn; om halftwaalf het ook hulle verdwyn.
Ek was doodmoeg en hoewel ek geweet het dat dit die laas-te nag in my bed sou wees, het ek dadelik aan die slaap geraak en is ek eers om halfses deur Moeder wakker gemaak. Gelukkig was die hitte n bietjie minder erg as Sondag; n warm ren het die hele dag uitgesak. Ons al vier het ons so dik aangetrek asof
ons in n yskas sou moes oornag, net om nog n bietjie meer klere saam te neem. Geen Jood in ons posisie sou dit gewaag het om met n koffer vol klere uit die huis te gaan nie. Ek het twee hempies, drie broeke, een romp, daaroor nog n romp, jas, somerjas, twee paar kouse, toe skoene, mus, serp en nog veel meer aangehad. Ek het in die huis al verstik, maar nie-mand het hom daaraan gesteur nie.
Margot het haar skooltas vol boeke gestop, haar fiets uit die fietshok gehaal en agter Miep aangery, na vir my onbekende vertes. Ek het naamlik nog steeds nie geweet waar die geheim-sinnige plek van ons bestemming sou wees nie.
Om halfagt het ook ons die deur agter ons gesluit; die enig-ste een van wie ek afskeid moes neem, was Moortjie, my klein katjie, wat n goeie huis by die bure sou kry soos gevra is in n briefie geadresseer aan meneer Goldschmidt.
Die afgetrekte beddens, die ontbytskottelgoed op die tafel, n pond vleis vir die kat in die kombuis, alles moes die indruk wek dat ons halsoorkop vertrek het. Indrukke kon ons nie skeel nie, ons wou weg, net maar weg en veilig aankom, verder niks.
Vervolg mre.
Anne
Donderdag, 9 Julie 1942
