Liewe Kittie
Die politiek moet eintlik n groot hoofstuk van ons skuilgeskie-denis op papier inneem, maar omdat die onderwerp my nie baie besig hou nie, het ek dit veels te lank links laat l. Daarom sal ek vandag maar n hele brief aan die politiek wy.
Dat daar buitengewoon baie verskillende opvattinge om-trent di vraagstuk bestaan, is vanselfsprekend, dat daar in oor-logstye ook baie daaroor gepraat word, is nog logieser, maar  dat daaroor soveel rusie gemaak word, is eenvoudig dom! Laat hulle wed, lag, skel, kla, laat hulle alles doen solank hulle maar in hulle eie vet gaar braai, maar laat hulle nie rusie maak nie, want dit het meesal minder goeie gevolge. Die mense wat van buite af kom, bring verbysterend baie onware nuus saam; ons radio het egter tot nou toe nie gelieg nie. Jan, Miep, Klei-man, Bep en Kugler se politieke stemminge gaan up en down; Jan sn nog die minste.
Hier in die Agterhuis is die stemming wat die politiek be-tref altyd dieselfde. By die tallose debatte oor die Geallieerde inval, lugbombardemente, toesprake, ensovoorts, ensovoorts, hoor n mens ook tallose uitroepe soos: Unmooglik! Um Gottes Willen,* as hulle nou eers wil begin, wat moet dit dan word! Dit gaan oitstekend, voor die wind, baie goed!
Optimiste en pessimiste, om die realiste nie te vergeet nie, gee met onvermoeide ywer hul dienswillige mening en soos wat dit met alles gaan, dink elkeen dat hy alleen reg is. n Sekere dame vererg haar oor die weergalose vertroue wat haar heer gemaal in die Engelse stel, n sekere heer val sy dame aan oor haar geringskattende opmerkings aangaande sy geliefde nasie!
Van soggens vroeg tot saans laat, en die mooiste is dat dit hulle nooit verveel nie. Ek het iets uitgevind en die uitwerking daarvan is oorweldigend; dit is net asof jy iemand met n speld steek en hom daardeur laat opspring. Presies so werk my mid-
* In hemelsnaam!
del. Begin oor die politiek, n vraag, n woord, n sin en daar het jy dadelik die hele familie betrek!
Asof die Duitse Weermagberigte en die Engelse BBC nog nie genoeg is nie, is die Luftlagemeldung* n tydjie gelede ingestel. Met n woord manjifiek, maar die keersy van di me-dalje is dikwels teleurstellend. Die Engelse maak van hulle be-riggewing oor lugaanvalle n voortgaande bedryf wat net ver-gelyk kan word met die Duitsers se aanhoudende leuens. Die radio staan dus al om agtuur soggens aan (indien nie reeds vroer nie) en elke uur word daarna geluister, tot saans om nege- of tien- of dikwels tot elfuur. Dit is n duidelike bewys dat die volwassenes geduld het en maar moeilik bereikbare har-sings (sommige natuurlik, ek wil niemand beledig nie). Ons sou aan n, hoogstens twee uitsendings al vir die hele dag ge-noeg h. Maar die ou ganse  maar wag, ek het dit al ges! Die Arbeidersprogram, Frank Philips of Haar Majesteit Wil-helmina, alles kry n beurt en n ewe gewillige oor en is hulle nie besig om te eet of te slaap nie, dan sit hulle by die radio en praat oor eet, slaap en politiek. O, dit word vervelig en n hele kraginspanning om nie self daardeur n dikdood te word nie! By die ouer garde kan laasgenoemde nie meer soveel kwaad doen nie!
Die toespraak van ons seergeliefde Winston Churchill is, as n sprekende voorbeeld, ideaal. Sondagaand, negeuur. Die tee staan onder die mus op die tafel, die gaste kom binne. Dussel na die radio links, Meneer daarvoor, Peter langsaan. Moeder langs Meneer, Mevrou daaragter. Margot en ek heeltemal agter en Pim by die tafel. Ek merk dat ek nie duidelik skryf hoe ons sit nie, maar ons sitplekke maak nie eintlik soveel saak nie. Die here rook, Peter se o val toe van die inspannende luister, Mam-ma in n lang, donker kamerjas en Mevrou aan die bibber oor die vliegtuie wat hulle nie steur aan die toespraak nie, maar lustig na Essen vlieg. Vader slurpend aan sy tee en Margot en
* Lugaanvalberigte.
 Die minder mooi kant van n saak.
ek susterlik verenig deur die slapende Mouschi wat op twee ver-skillende knie beslag gel het. Margot het krulpenne in haar hare, ek is geklee in n veels te klein, te nou en te kort nagrok. Dit lyk intiem, gesellig, vredig en dit is di keer ook so, tog wag ek met angs die gevolge van die toespraak af. Hulle kan byna nie wag nie, stamp hulle voete van ongeduld by die vooruitsig dat daar dalk weer n rusie kom! Pst, pst, asof n kat n muis uit sy gaatjie lok, so prikkel hulle mekaar tot rusie en onenigheid.
Anne
Donderdag, 28 Maart 1944
