Liewe Kittie
As n mens verander, besef jy dit eers nadat die verandering plaasgevind het. Ek het verander, grondig, heeltemal, in alle op-sigte. My menings, opvattings, kritiese blik, my uiterlike, inner-like, alles het verander. En ek mag gerus s, want dit is waar, ten goede. Ek het jou al vertel hoe moeilik dit vir my was toe ek uit my lewetjie as aanbidde persoontjie hier in die kale werk-likheid van volwassenes en hul rusietjies aangekom het. Maar Vader en Moeder is medeskuldig daaraan dat ek so baie moes verduur.
Tuis het hulle my gegun om plesier te h en dit was reg, maar hier moes hulle my nie opgestook het deur my met hul rusies en skinderpraatjies net hulle kant van n saak te laat sien het nie. Dit het lank geduur voordat ek ingesien het dat dit met die rusies hier op vyftig-vyftig staan. Maar nou weet ek hoeveel foute hier begaan is, deur oud en jonk. Die grootste fout van Vader en Moeder jeens die Van Daans is dat hulle nooit open-hartig en vriendskaplik met hulle praat nie (selfs al was die vriendskap ook n bietjie geveins). Ek wil nou bo alles die vrede hier bewaar en ng rusie maak ng skinder. Met Vader en Margot is dit nie moeilik nie, met Moeder wel en daarom is dit goed dat sy my soms op die vingers tik. Meneer Van Daan kan n mens tog wen as jy hom gelyk gee, stil na hom luister en nie veel s nie en veral  op al sy flou geestighede en grappe met n ander grap reageer. Mevrou haal jy na jou toe oor deur openhartig te praat en in alles toe te gee. Sy gee ook haar foute, wat wel talryk is, ruiterlik toe. Ek weet maar alte goed dat sy nie meer so sleg van my dink as aan die begin nie. En die rede daarvoor is dat ek eerlik is en minder vleiende dinge ook vir mense sommer reguit in hulle gesig s. Ek wil eerlik wees en ek glo dat jy daarmee veel verder kom; daarby kom nog dat jy dan self beter voel.
Gister het Mevrou met my gepraat oor die rys wat ons vir Kleiman gegee het. Ons het gegee en gegee en nogmaals ge-gee. Maar toe het ek op die punt gekom waar ek ges het: Nou
is dit genoeg. Meneer Kleiman kan, as hy maar net genoeg moeite daarvoor doen, self rys kry. Waarom moet ons dan alles uit ons voorraad weggee? Ons almal hier het dit net so nodig, het Mevrou ges.
Nee, Mevrou, het ek geantwoord, ek stem nie met u saam nie. Meneer Kleiman kan miskien self rys kry, maar dis vir hom onaangenaam om hom daaroor te bekommer. Dit betaam ons nie om die mense wat ons help te kritiseer nie. Ons moet hulle alles gee wat ons maar enigsins kan afstaan en wat hulle nodig het. Wat het ons ook nou aan n bordjie rys in die week? Ons kan net sowel peulvrugte eet.
Mevrou Van Daan het dit nie so ingesien nie, maar sy het ook ges dat al verskil sy van my, sy graag wil toegee, en dit was n totaal ander kwessie.
Nou ja, laat ek ophou. Ek weet soms waar my plek is en soms twyfel ek, maar ek sal wel daar kom! O, ja, veral met Peter se hulp sal ek daar kom! Hy help my oor baie hekkies!
Ek weet nie in watter mate hy van my hou en of ons ooit by n soen sal kom nie; ek wil dit in elk geval nie afdwing nie! Ek het aan Vader vertel dat ek dikwels na Peter gaan en of hy dink dis goed. Hy dink natuurlik so!
Aan Peter vertel ek ook maklik dinge wat ek andersins nooit verklap nie. So het ek hom vertel dat ek later baie wil skryf; selfs as ek nie n skryfster word nie, dit naas my beroep of an-der taak nooit wil verwaarloos nie.
Ek is nie ryk aan geld of aardse goedere nie, ek is nie mooi nie, nie intelligent en nie knap nie, maar ek is en ek sal gelukkig wees! Ek is gelukkig van aard, ek hou van mense, is nie wan-trouig nie en wil almal saam met my ook gelukkig sien.
Jou toegene Anne M. Frank
Weer heeft de dag niets gebracht. Hij was gelijk een donker nacht.
(Dit het ek n paar weke gelede geskryf en dit is nie meer waar nie. Maar omdat my versrels so skaars is, het ek hierdie twee maar neergeskryf.)
Maandag, 27 Maart 1944
